Nuus 11:00
BULLETIN 25 Januarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die VF Plus vra optrede teen die Onteieningswet
# Steenkool- en metaaluitvoerders gaan miljarde in Transnet-spoorherstelwerk belê
# En rugby: Die Blitsbokke verloor teen Argentinië en pak Fidji in Perth-kwarteindstryd
# Die Vryheidsfront Plus doen ‘n beroep op politieke partye in die Parlement om die nuut-bekragtigde Wet op Onteiening uit te daag. Die partyleier Pieter Groenewald kritiseer president Cyril Ramaphosa oor die verontagsaming van behoorlike samesprekings, en noem die wet ongrondwetlik en skadelik vir eiendomsregte. Hy waarsku die wet kan internasionale belegging ontmoedig en beloof om te veg vir ‘n voldoenende wysiging:
Die parlementêre portefeuljekomitee oor Openbare Werke en Infrastruktuur verwelkom egter president Cyril Ramaphosa se ondertekening van die Onteieningswet. Dit herroep die Wet van 1975, en stem ooreen met die Grondwet, wat grondonteiening in die openbare belang moontlik met regverdige vergoeding moontlik maak. Die voorsitter Carol Phiri het aan eNCA gesê die Wet verseker onderhandelings en laat toe vir bemiddeling of ‘n hofbeslissing vir geskille. Sy beklemtoon die Wet bevorder inklusiwiteit:
# Suid-Afrikaanse steenkool- en ysterertsuitvoerders, insluitend maatskappye soos Glencore en Anglo American, onderhandel met Transnet oor ooreenkomste om miljarde-rand te belê in die herstel van spoorinfrastruktuur. Die ineenstorting van goedere-spoorlyne weens swak instandhouding en diefstal het veroorsaak dat steenkooluitvoere in 2023 tot ‘n 30-jaar laagtepunt gedaal het. Bloomberg sê Transnet het 64,5-miljard-rand oor ‘n tydperk van vyf jaar nodig om alle lyne te herstel. Die regering beplan om teen April privaat operateurs toe te laat op hierdie spore om uitvoere en inkomste ‘n hupstoot te gee.
# Rugby: Die Suid-Afrikaanse mans-sewespan het in die tweede helfte in Perth teruggeveg teen Argentinië maar dit was nie genoeg om op te maak vir ‘n swak eerste helfte nie. Hulle het hulle laaste groepwedstryd teen die Suid-Amerikaners met 19-17 verloor. Suid-Afrika se driedrukkers was Quewin Nortje, Selwyn Davids en Shilton van Wyk, met Ronald Brown wat een drie verdoel het. Matteo Graziano, Marcos Moneta en Matias Osadczuk het oorgeduik vir Argentinië, en Joaquin Pellandini het met twee doelskoppe geslaag. Die Blitsbokke speel volgende in die kwarteindstryd net na 12 teen Fijdi.
# En die Stellenbosch Sakeskool het Chris van der Hoven as sy nuwe senior direkteur aangewys. Van der Hoven het voorheen die skool se uitvoerende ontwikkelings-departement gelei en beskik oor uitgebreide internasionale ervaring, insluitend by Cranfield Sakeskool en Cambridge Universiteit. Van der Hoven sê die sakeskool sal onder sy leiding indiensneembaarheid en transformering eerste stel. Die Visekanselier, Wim de Villiers het Van der Hoven se leierskap en visie vir innovasie geloof.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….