Nuus 07:00
BULLETIN 25 Januarie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu sê die Onteieningswet is ‘n stap nader aan gelyke toegang tot hulpbronne
# AfriForum vra Nersa om billike munisipale tariefverhogings te verseker
# En tennis: Sabalenka is die oorweldigende gunsteling om Keys te klop in die Australiese Ope-eindstryd
# Die vakbondfederasie, Cosatu, sê die nuwe Onteieningswet is ‘n belangrike stap tot gelyke toegang tot grond en hulpbronne. Volgens die federasie vervang die wet verouderde wette uit die apartheidsera, sodat die regering ongelykheid met grond kan aanspreek met volle, gedeeltelike of geen vergoeding nie. Matthew Parks van Cosatu versoek die vinnige implementering om diegene wat ontneem is te bemagtig en transformasie te bevorder:
Intussen sal die DA-leier John Steenhuisen vandag die party se plan uiteensit om die Onteieningswet en die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering uit te daag, wat volgens hom Suid-Afrika se toekoms bedreig. Steenhuisen sal ook kyk na die impak van hierdie wette op die regering van nasionale eenheid. Hy waarsku die DA sal nie net toekyk hoe die regering burgers se regte ondermyn nie, en sal die regering aanspreeklik hou vir wat hy as ongrondwetlike optrede beskou.
# AfriForum oefen druk uit op Nersa om streng nakoming van koste-van-voorraad-studies af te dwing in munisipale elektrisiteitstariefaansoeke. Dit volg ná ‘n Hooggeregshofuitspraak verlede jaar wat tariefverhogings wat sonder sulke studies goedgekeur is, as onwettig verklaar het. Morné Mostert van AfriForum eis duidelikheid oor Nersa se stappe om billike, koste-doeltreffende elektrisiteitstariewe te verseker. Hy beklemtoon die belangrikheid van voldoening om verbruikers te beskerm en deursigtigheid in Suid-Afrika se energiesektor te handhaaf:
# Oekraïne het na berig word ‘n Russiese olieraffinadery getref en Moskou geteiken tydens ‘n aanval deur minstens 121 hommeltuie, een van die grootste enkele operasies van sy soort tydens die oorlog. Videomateriaal wat deur die BBC bevestig is, toon ‘n vuurbal oor die raffinadery en pompstasie in die Ryazan-streek, suidoos van Moskou. Die Kremlin erken die aanvalle maar maak maar geen melding van skade of ongevalle nie. Hulle beweer 121 Oekraïnse hommeltuie is vernietig, insluitend ses oor die Moskou-streek.
# En tennis: Min mense sal hulle geld op die Amerikaner Madison Keys sit in vandag se eindstryd teen die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka, in die Australiese Ope. Die Belarus hoop op haar vierde Grand Slam-titel nadat sy die afgelope twee jaar in Melbourne gewen, en verlede jaar die Amerikaanse Ope ingepalm het. Die 29-jarige Keys se enigste vorige Grand Slam-eindstryd was in haar geboorteland in 2017. In die manseindstryd speel die verdedigende kampioen, Jannik Sinner van Italië, môre teen die tweede gekeurde Duitser Alexander Zverev.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….