Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 24 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, het Amerika veroordeel vir sy onttrekking aan die Paryse Ooreenkoms en sê dis skadelik vir multi-lateralisme en internasionale reg. Hy is teleurgesteld oor die besluit en wys op Amerika se geskiedkundige rol in uitstralings en sy morele verpligting om klimaatsoptrede te lei. George het die VSA gevra om sy verbintenisse na te kom en beklemtoon die belangrikheid van die ooreenkoms om die globale klimaatskrisis gesamentlik aan te pak.
Die wêreld se koffiepryse gaan intussen na verwagting styg weens die uitwerking van klimaatsverandering. Brasilië, wat die wêreld se grootste koffieprodusent is, word die swaarste getref en loop deur onder warm weerpatrone en vele bosbrande wat koffie-oeste ernstig benadeel. In Viëtnam het ‘n ernstige droogte, gevolg deur swaar reën, die wêreld se grootste robusta-voorraad beskadig. Dié soort koffie is wêreldwyd die tweede gewildste variëteit en word gewoonlik in kitskoffiemengsels gebruik. Navasha Pather van Nestlé het aan eNCA gesê koffiepryse kan vanjaar met 30- tot 40-persent styg:
# En ten slotte: Die Hartenberg-wynlandgoed in Stellenbosch in die Wes-Kaap het Suid-Afrika se eerste en die wêreld se tweede wynplaas geword wat ekologiese uitkomsverifikasie vir herlewingswingerdbou behaal. Die landgoed se bestuur sê die gebruik van praktyke soos holistiese weiding, dekgewasse, kompos en chemikalie-vrye boerdery, bevorder bioverskeidenheid en grondgesondheid. Die praktyke verbeter ook waterbewaring, verminder besoedeling en verbeter volhoubaarheid. Die landgoed meen hierdie prestasie ondersteun deursigtigheid in die voorsieningsketting en verbind verbruikers met eko-bewuste produkte met die Grond-tot-Mark-program.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….