Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 23 Januarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Everest Wealth se uitvoerende hoof sê Trump se tweede termyn is ‘n wekroep vir Suid-Afrika se ekonomiese strategie
# OUTA beskuldig NSFAS dat hy studenteverblyf monopoliseer
# En, sokker: PSL skort al Royal AM se wedstryde op tot verdere kennisgewing
# Everest Wealth se uitvoerende hoof, Thys van Zyl, sê Donald Trump se tweede termyn as Amerikaanse president moet Suid-Afrika dwing om sy buitelandse beleid te heroorweeg en op ekonomiese groei te fokus. Amerika is Suid-Afrika se tweede grootste handelsvennoot na China. Van Zyl sê hoewel Suid-Afrika steeds die voordele van die Wet op Afrika-groei en Geleenthede geniet, beteken dit nie dat dit weer verleng sal word nie. Hy sê die land moet sy buitelandse beleid balanseer en ook geleenthede soek om handelsbande met Amerika te versterk:
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik waarsku oor ‘n dreigende krisis met studenteverblyf omdat die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente verskaffers 44-miljoen-rand skuld. Die Vereniging vir Privaat Studentebehuising, wat 80-duisend studente huisves, dreig om terugkerende studente weg te wys indien betalings nie binne twee weke gedoen word nie. OUTA se woordvoerder, Rudie Heyneke, skryf dit toe aan wanbestuur van die skema, insluitend ‘n ontoereikende portaal en laat betalings, wat studente en verhuurders weerloos laat:
# Herstelwerk vind in Limpopo plaas by die Groblersbrug-grenspos na Botswana nadat oorstromings skade aangerig het. Die Grensbestuursowerheid sê die werk, insluitend toetse met water en herstel van infrastruktuur, sal sowat ses dae duur. Adjunk-assistent-kommissaris Peter Mphilo sê die grenspos sal heropen sodra herstelwerk voltooi is en handel en reise kan hervat:
# ‘n Veertienjarige seun is in hegtenis geneem nadat ‘n 12-jarige seun in Birmingham, Engeland, doodgesteek is. ‘n Omstander het hulp ontbied en paramedici het die slagoffer op die toneel behandel. Hy is hospitaal toe geneem, maar is ‘n paar uur later dood. Die verdagte bly in aanhouding.
# Sokker: Die Premiersokkerliga het alle wedstryde van Royal AM onbepaald opgeskort. Die Inkomstediens het die KwaZulu-Natalse klub wat aan die omstrede sakevrou Shauwn Mkhize behoort, onder kuratorskap geplaas weens meer as 40-miljoen-rand se belastingskuld. Royal AM het nog nie ‘n liga-wedstryd gespeel sedert sy nederlaag van drie-een teen TS Galaxy op 29 Desember nie, en het versuim om sy spelers en personeel se salarisse te betaal. Die PSL sê hy ontmoet Royal AM Vrydag om die klub ‘n kans te gee om sy saak te stel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-52-sent teen die dollar, 19-rand-26-sent teen die euro en 22-rand-79-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 102-duisend-449-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-753-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 78-dollar-21-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….