Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 22 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Gautengse inwoners word versoek om hulle nie te bekommer oor onlangse aansprake op sosiale media oor alge in waterweë soos die Hennopsrivier en Hartbeespoortdam nie. Die DA bevestig ‘n natuurlike onderdeel van water-ekostelsels, sianobakterieë, ondersteun die produksie van suurstof en stikstofbinding. Woordvoerder Leanne de Jager beklemtoon openbare kommer oor watergehalte word erken, maar onlangse onrusbarende bewerings is ongegrond.
# Die Wes-Kaapse bedreigde seevoël, die witmalgas, se kolonie op Voëleiland in Lambertsbaai het met ʼn rekord 45-duisend toegeneem tot sy grootste bevolking in 19 jaar. CapeNature skryf die groei toe aan doeltreffende bewaringspogings wat daaglikse monitering, patrollies en roofdierbestuur insluit. Hy sê die toename weerspieël suksesvolle broeiseisoene en malgasse van ander kolonies wat by die een op Voëleiland aansluit. CapeNature sê bedreigings soos robbe en uiterste weerstoestande word bekamp om die kolonie te beskerm en sy bydrae tot ʼn gesonde oseaan te verseker.
# En ten slotte: ‘n Derde van Arktiese woude en vleilande stel nou meer koolstofdioksied vry as wat dit opneem. ʼn Nuwe studie in Nature Climate Change skryf dit toe aan langer groeiseisoene, groter mikrobiese bedrywighede en ʼn toename in die voorkoms en intensiteit van veldbrande. Meer as 40-persent van die Arktiese ekostelsel, wat Siberië, Alaska, die Nordiese lande en Kanada insluit, dien as ʼn netto koolstofbron. Die studie se medeskrywer, Marguerite Mauritz, sê daar is ʼn dringende behoefte dat die Arktiese ekostelsels steeds gemonitor word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….