Nuus 09:00
BULLETIN 22 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF gaan ‘n strafsaak teen minister MacPherson open
# Die vertraging in voëlgriep-entstof bedreig die pluimveebedryf
# En internasionale vlugte na Tel Aviv word hervat
# Die EFF sê hy gaan ‘n strafregtelike klag teen die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson indien oor wat hy beskryf as sy korrupte inmenging by die sake van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust. Die minister word beskuldig dat hy die Trust se uitvoerende bestuur en raad omseil het deur ‘n e-pos aan ‘n junior werknemer te stuur en ‘n verslag te eis oor die vertraging in betalings aan Lonerock Construction. Die maatskappy is aangestel om die sinkgate by die Waterkloof-lugmagbasis te herstel. Die EFF se woordvoerder, Snawo Thambo sê die minister se optrede is onaanvaarbaar:
# Die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging waarsku vertraagde inentingspogings teen voëlgriep verhoog die gevaar van nuwe uitbrekings. Europa en Amerika ondervind aggressiewe verspreidings van die siekte en Suid-Afrika bly weerloos. Die vereniging wys op onopgeloste probleme soos streng biosekerheids-vereistes, gebrek aan vergoeding vir voëls wat vankant gemaak is, en stygende koste. Drie H5-entstowwe is goedgekeur, maar daar is vertragings met H7-entstof. Boere vra die regering om in te gryp en inentings te vergemaklik om die bedryf van 65-miljard-rand te beskerm wat byna 58-duisend mense werk gee.
# Die DA in Gauteng sê die moontlikheid vir diefstal, bedrog en korrupsie in Ekurhuleni is steeds aan die toeneem weens die politieke gekonkel van die ANC-EFF-koalisie. Die koalisie stry onderling oor die vakante voorsitterspos van die Finansiële Komitee. Die posisie is sedert 30 September verlede jaar vakant. Lucky Dinake van die DA sê die lang tydperk skep ‘n gevaarlike situasie omdat dit ‘n groot gaping in aanspreeklikheid skep:
# Air France hervat die naweek vlugte na Tel Aviv nadat ‘n skietstilstand-ooreenkoms oor Gaza tussen Israel en Hamas aangekondig is. Die lugredery was een van verskeie internasionale lugdienste wat in September vlugte na Tel Aviv opgeskort het uit vrees vir toenemende konflik in die streek. Verskeie ander het vlugte hervat na die jongste wapenstilstand in Gaza. Die Lufthansa-groep, wie se lugdienste die vlagskip Lufthansa, Swiss en Eurowings insluit, en Easyjet het ook gesê hulle beplan om vlugte te hervat, maar nie voor Februarie en Junie nie.
# Sokker: Liverpool is steeds onoorwonne in die Kampioeneliga na hulle Lille se tienmanspan op Anfield geklop het om hulle plek in die laaste sestien te verseker. Mohamed Salah se 50ste doel in Europa en Harvey Elliott het die sege vir Arne Slot se span beklink. Barcelona het Benfica van agter ingehaal vir ‘n oorwinning van vyf-vier om hulle plek in die laaste sestien te verseker. Juventus en Club Brugge het gelykop gespeel. Slot is tevrede met sy span se vertoning:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-50-sent teen die dollar, 19-rand-27-sent teen die euro en 22-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 107-duisend-731-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-750-dollar-96-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-61-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….