Nuus 09:00
BULLETIN 21 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# RISE Mzansi vra vir padveiligheidsveldtogte die hele jaar
# Die EFF veroordeel ‘n bedrogskandaal van 3,4-miljoen-rand by Samro
# En Trump onderteken ‘n uitvoerende bevel om die VSA weer uit die Parys-klimaatooreenkoms te onttrek
# RISE Mzansi het kommer uitgespreek oor die een-duisend-502 sterftes in een-duisend-234 ongelukke tydens die 2024/25-feestyd, sowel as voetgangers wat 41-persent van die padsterftes verteenwoordig. Makashule Gana van RISE Mzanzi sê die party dring aan op voortgesette opvoedingsveldtogte, deurentydse verkeerswetstoepassing en maandelikse ongelukstatistieke. Hy beklemtoon die behoefte aan persoonlike verantwoordelikheid en deurlopende pogings in die doelwit om padsterftes teen 2030 te halveer:
# Die EFF sê hy veroordeel voortslepende korrupsie by die Suid-Afrikaanse Musiekregte-organisasie ná onthullings van bedrieglike eise van 3,4-miljoen-rand waarby vorige werknemers betrokke was. Die organisasie moet volgens wet namens musikante tantieme en lisensiefooie invorder by uitsaaiers en verhoogkunstenaars. ‘n Ondersoek het bevind voormalige werknemers het met uitgewers saamgespan om fondse te eis sonder bewys van eienaarskap. Die EFF sê die jongste skandaal bewys SAMRO se voortgesette verraad teen die skeppende bedryf en kunstenaars wat op hulle staatmaak vir regverdige vergoeding.
# ActionSA in Gauteng sê hy is bekommerd oor berigte van ‘n onwettige skema deur skoolbeheerliggame in lae-inkomste- en kostevrye kole. Skoolbeheerliggame en die skoolbestuur het volgens berigte ‘n verpligte skenking van geld – gewoonlik tussen 100- en 200-rand, in behoeftige gemeenskappe ingestel. John Moodey van ActonSA sê kinders van ouers wat nié dié fooi betaal nie, ontvang nie skoolboeke nie, waarvan die provinsiale regering in elk geval die meeste kostevry voorsien:
# President Donald Trump het die tweede keer ʼn uitvoerende bevel onderteken om Amerika aan die Parys-klimaatsooreenkoms te onttrek. Dit volg nadat die wêreldtemperature in 2024 vir die eerste keer in ʼn kalenderjaar met meer as 1,5-grade Celsius gestyg het bo temperature voor die nywerheidsera. Amerika is saam met Iran, Jemen en Libië nie deel van die ooreenkoms nie. Trump beskryf die ooreenkoms as ʼn onregverdige, eensydige Parys-klimaatsooreenkoms-bedrogspul:
# Gholf: Die wêreld se voorste speler, Scottie Scheffler sê weet nog nie of hy volgende week in hierdie seisoen se eerste toernooi, die Pebble Beach Pro-Am in Kalifornië, gaan speel nie. Die Amerikaner se hand moes geopereer word nadat hy dit met ‘n gebreekte glas gesny het toe hy Kersete voorberei het. Hy het ook die Sentry-toernooi in Hawaii en die American Express in Kalifornië misgeloop. Scheffler sê hy herstel goed, maar gaan nie oorhaastig wees om by die toernooi aan te sluit nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-57-sent teen die dollar, 19-rand-31-sent teen die euro en 22-rand-85-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 102-duisend-787-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-726-dollar-2-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 79-dollar-24-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….