Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 20 Januarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Feestyd-padsterftes styg met 5,3-persent
# Europese en Asiese aandelemarkte verstewig en bitcoin skiet die hoogte in voor die begin van Trump se tweede termyn
# En, tennis: Ben Shelton beëindig die Franse veteraan Gaël Monfils se Australiese Ope
# Suid-Afrika het in die 2024/’25 feestyd ‘n toename van 5.3-persent in padsterftes aangeteken, met een-duisend-502 sterftes in een-duisend-234 noodlottige ongelukke. Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê ses provinsies – KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, die Vrystaat, Limpopo, die Noord-Kaap en Noordwes – het verhogings in sterftes aangeteken, maar Gauteng, die Wes-Kaap en Mpumalanga het afnames ondervind. Sy lig ook ‘n styging in voetgangersterftes uit:
# Die Hooggeregshof in Pretoria het die korrupsie- en geldwasserysaak teen die voormalige speaker van die Parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, uitgestel. Hierdie vertraging is om samesprekings tussen die staat en haar regspan moontlik te maak. Haar versoek is vir verdere openbaarmakings wat korrespondensie en die ondersoekdagboek bevat. Die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie se woordvoerder, Henry Mamothame, het bevestig haar borgtog van 50-duisend-rand is verleng tot die volgende hofverskyning:
# Die DA vra ‘n hersiening van nywerheidsbeleid na ArcelorMittal Suid-Afrika se aankondiging dat hy drie-duisend-500 werksgeleenthede gaan besnoei en moontlik nog 100-duisend meer oor verwante sektore heen. Volgens die party vererger die bestaande beleid werkloosheid en die party eis die regering moet daarop fokus om werk te skep, beleggings te bevorder en onnodige regulasies te verminder. DA-woordvoerder Toby Chance kritiseer die gebruik van reddingsboeie en sê sterker leierskap is nodig om ekonomiese groei moontlik te maak:
# Europese en Asiese aandelemarkte het verstewig en bitcoin het tot ‘n nuwe hoogtepunt opgeskiet terwyl Donald Trump gereedmaak om weer as die president van die wêreld se grootste ekonomie ingehuldig te word. Bitcoin het ‘n rekordvlak van meer as 109-duisend-dollar behaal nadat Trump aangedui het hy gaan die kripto-geldeenheidsektor dereguleer. Voor die inhuldiging het positiewe samesprekings tussen Trump en die Chinese president, Xi Jinping, rustigheid meegebring ná bekommernisse oor die inkomende Amerikaanse leier se tweede ampstermyn.
# Tennis: Die Amerikaner Ben Shelton het die Franse veteraan Gaël Monfils uitoorlê om ‘n kwarteind-afspraak beklink met die Italianer Lorenzo Sonego, wat die Amerikaanse tiener Learner Tien se feëverhaal op die Australiese Ope beëindig het. Die 22-jarige Shelton en Monfils, wat 16-jaar ouer as hy is, het sake hou-vir-hou uitgespook, totdat ‘n poegaai Monfils in die vierde stel die stryd gewonne gegee het. Shelton het 7-6, 6-7, 7-6, 1-stroop gewen nadat die eerste drie stelle elkeen langer as ʼn uur geduur het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-84-sent teen die dollar, 19-rand-33-sent teen die euro en 22-rand-85-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 106-duisend-988-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-708-dollar-70-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-99-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….