Nuus 11:00
BULLETIN 19 Januarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mbalula vra regering en ArcelorMittal om moontlike werksverliese te keer
# TikTok hou op werk vir Amerikaanse gebruikers, maatskappy hoop Trump sal ingryp
# En, rugby: Die Haaie maak nog spanverskuiwings weens beserings vir laaste Kampioenebeker groepwedstryd
# Die sekretaris-generaal van die ANC Fikile Mbalula moedig die regering en ArcelorMittal aan om moontike ingrypings te ondersoek om werksverliese te keer. ArcelorMittal het aangekondig hy gaan sy Vanderbijlpark- en Newcastle-aanlegte sluit en operasies afdwing wat sal lei tot die besnoeiing van meer as drie-duisend-500 werksverliese. Mbalula het gepraat op die ANC se eerste gewone nasionale uitvoerende komitee-vergadering van die jaar in Boksburg, Ekurhuleni:
Vroeër het die ANC-jeugliga diepe kommer uitgespreek oor die voortdurende stryd van nywerhede in Suid-Afrika, veral in die staalsektor. Onlangse aanlegsluitings sal na verwagting duisende werksgeleenthede raak en die jeugliga se nasionale woordvoerder, Zama Khanyase doen ‘n beroep op die regering om beslissende stappe te doen om strategiese nywerhede te beveilig. Sy sê die liga is ‘n voorstander van staatsbesit, verbeterde nywerheidsbeleide en die heroorweging van handelsmaatreëls om Suid-Afrika se nywerheidstoekoms en werksgeleenthede te beskerm.
# Die burgemeester van Tshwane Nasiphi Moya is bekommerd oor verlate regeringsgeboue in die stadskern van Pretoria en die omliggende gebiede. Tydens ‘n operasie Vrydag om verordeninge af te dwing het amptenare afgekom op ‘n verlate gebou wat besit word deur die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur. Moya sê verlede jaar het die stad ‘n kennisgewing aan die departement uitgereik nadat dooie liggame in die gebou aangetref is, maar niks is nog gedoen om dit reg te stel nie:
# TikTok het laat gisternag ophou werk in Amerika en het verdwyn van Apple en Google se toepassingwinkels voor ‘n wet vandag in werking tree wat die afsluiting vereis van die platform wat deur 170-miljoen Amerikaners gebruik word. Die verkose president Donald Trump het gesê hy sal heelwaarskynlik TikTok ‘n blaaskans van 90 dae teen die verbod gee wanneer hy Maandag sy ampstermyn begin – ‘n belofte wat TikTok aangehaal het in ‘n kennisgewing wat vir gebruikers op die toepassing geplaas is.
# En rugby: Die Haaie moes noodgedwonge weens beserings veranderings aanbring vir hulle laaste groepwedstryd om die Kampioenebeker vanmiddag in Frankryk teen Bordeaux Bégles. Vincent Koch, Jordan Hendrikse en Makazole Mapimpi is uit weens beserings. Ox Nché is nou op die bank en Ntuthuko Mchunu speel in sy plek. Grant Williams en Siya Masuku begin as skakelpaar terwyl Yaw Penxe na heelagter verskuif, Eduan Keyter speel vleuel, Ethan Hooker neem oor by Mapimpi op die een vleuel en Jurenzo Julies begin op buitesenter. Afskop is om drieuur.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….