Nuus 07:00
BULLETIN 18 Januarie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Burgerregtegroepe veroordeel die Stilfontein-slagting en noem dit ‘n staatsgesteunde gruweldaad
# Borgtog is geweier aan Mark Lifman se vermeende moordenaars
# En rugby: Die Bulle begin die naweek se Kampioenebeker-aksie vir Suid-Afrika
# Die Workers and Socialist-party en die Socialist Youth Movement het die Stilfontein-slagting in Noordwes veroordeel en noem dit ‘n staatsondersteunde gruweldaad. Hulle gee die die polisie en die Departement van Minerale en Petroleumbronne die skuld omdat hulle onwettige mynwerkers ondergronds vasgekeer het en sedert Julie verlede jaar reddingspogings geblok het. Zaki Mamdoo van die groep eis geregtigheid, ‘n onafhanklike ondersoek en die nasionalisering van die mynbousektor om toekomstige uitbuiting te voorkom:
Intussen Giwusa eis ‘n deeglike ondersoek na die onmenslike behandeling van die onwettige mynwerkers wat gered is uit die verlate myn in Stilfontein. Die vakbond veroordeel die besluit om mynwerkers, wat ernstig siek is, in polisie-aanhouding te plaas en nie eerder die nodige gesondheidsorg te gee nie. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê die mynwerkers, wat maande lank ondergronds vasgekeer was sonder kos of water, ly aan ernstige wanvoeding, dehidrasie en ander lewensgevaarlike toestande:
# Die twee vermeende moordenaars van die Kaapse misdaadleier, Mark Lifman sal agter tralies bly tot hul volgende hofverskyning op 20 Februarie. Johan Jacobs en Johnny Bezuidenhout se aansoek om borgtog is gister in die Landdroshof in George geweier. Die twee is in hegtenis geneem pas nadat Lifman in November in die parkeerterrein van ‘n winkelsentrum in die stad doodgeskiet is. Die landdros, André Bezuidenhout het bevind die staat het ‘n sterk prima facie-saak teen die beskuldigdes en volgens hom kon hulle nie wesenlike of buitengewone omstandighede voorsien om hul vrylating te regverdig nie.
# Rugby: Die Bulle lei vanmiddag die Suid-Afrikaanse aanslag in die Kampioenebeker wanneer hulle teen Stade Français in Pretoria speel. Die Stormers en die Haaie speel ook teen Franse spanne. Die Stormers kom vanaand in die hoofstad teen Racing 92 te staan terwyl die Haaie môre ‘n besoek bring aan Bordeaux Bégles. Die Bulle is tans sesde in Groep 3 nadat hulle al drie hul eerste wedstryde verloor het, die Stormers is vierde in groep 4 en die Haaie vierde in groep 1.
# En om mee af te sluit: Die aangewese president, Donald Trump, het bekendgemaak hy het die akteurs Mel Gibson, Jon Voight en Sylvester Stallone as ambassadeurs aangewys om te help om Hollywood “groter, beter en sterker” te maak. Trump het op sy Truth-sosialemediaplatform gesê die akteurs sal as sy spesiale gesante optree in die middelpunt van die filmwêreld, wat hy beskryf as ‘n wonderlike plek maar vol probleme. Die drie akteurs is almal Trump-ondersteuners. Gibson het sy huis in die verwoestende brande in Los Angeles verloor en in reaksie op die nuus grappenderwys gevra of daar ʼn ambassadeurswoning aan die pos gekoppel is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….