Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die DA in Gauteng is diep bekommerd oor die ernstige rioolbesoedeling van die Hennopsrivier in Ekurhuleni. Amanda Davison van die party sê die opwelling van blougroen-alge in die rivier, wat strek tot by die Sesmylspruit en die Rietvleidam, is ‘n regstreekse gevolg van onvoldoende rioolbestuur. Sy sê die besoedeling kan ‘n giftige kettingreaksie veroorsaak, en ‘n kragtige neurologiese en kankerwekkende gifstof stroom-af voer na Centurion, die Krokodilrivier en die Hartbeespoortdam:
# ‘n Verslag van die Internasionale Energie-agentskap toon ‘n herlewing in belangstelling in kernenergie met die vermoë wat moontlik teen 2050 kan verdubbel tot 870-GiggaWatt. Faktore sluit in lewenslange verlengings, soos by Suid-Afrika se Koeberg-eenhede, en opkomende klein modulêre reaktors. Meer as 40 lande, insluitend Suid-Afrika, ondersoek kernprojekte. Die direkteur van die agentskap, Fatih Birol, wys op die groeipotensiaal van klein modulêre reaktors wat teen 2040 met aflandige wind sal kan meeding. Sy benadruk dat regeringsteun en vernuwing deurslaggewend bly vir die toekomstige sukses van kernkrag.
# En ten slotte: Die wêreldekonomie sal na verwagting tussen 2070 en 2090 tot 50-persent van sy bruto binnelandse produk verloor weens die uitwerking van klimaatsverandering. Die Instituut en Fakulteit van Aktuarisse waarsku dat die huidige beoordelings nie ernstige risiko’s in ag neem nie, insluitend migrasie en die afbreek van die natuur. Die verslag lê klem op die dringende behoefte aan ontkoling, die herstel van die natuur en beleidsverskuiwings om die agteruitgang van die planeet te vermy, met globale temperature wat verlede jaar die teiken van 1,5-grade Celsius oorskry het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….