Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 17 Januarie 12.30 nm
Goeiemiddag. Ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Ons begin vandag met motorsport: Dit was ‘n geval van so naby en tog so ver. Die plaaslike jaer, Yazeed al-Rajhi, het die algehele voortou geneem in die motorafdeling van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië nadat hy derde geëindig het in gister se beslissende voorlaaste skof. Dit beteken hy is in die algehele klassifikasie nou voor Henk Lategan van Suid-Afrika. Rajhi was twee-minute-27-sekondes agter Lategan in sy Toyota. Hy het hom nie net ingehaal nie, maar ook ʼn aansienlike voorsprong opgebou. Hy begin die laaste skof nou ses-minute-11-sekondes voor die Suid-Afrikaner.
# Vervolgens, rugby: Die sewes-losvoorspeler, Zain Davids, speel volgende week in Perth in sy 50ste Sewestoernooi, in die derde toernooi van die 2024-’25 seisoen. Blitsbok-afrigter, Philip Snyman, het drie veranderings aan sy wengroep aangebring en verwelkom Selvyn Davids, Ronald Brown en Ryan Oosthuizen terug. Mfundo Ndhlovu en Tristan Leyds is weens beserings nie oorweeg nie. Die Blitsbokke speel in die groepsfase teen Amerika, Australië en Argentinië. Snyman was vol lof vir Davids se leierskap as medekaptein:
Vyftienman-rugby: Rugby: Die voormalige Engelse kaptein, Owen Farrell, keer die naweek in Parys na ʼn besering terug vir Racing 92 in die Kampioenebekerwedstryd teen die Stormers. Afrigter Stuart Lancaster sê hy sal moontlik nie die volle 80 minute speel nie. Farrell het 112 toetse vir Engeland gespeel en moet nog sy stempel afdruk in die Franse hoofstad. Hy het in agt van die eerste nege wedstryde in die Top 14 gespeel voor hy middel-November ʼn liesoperasie ondergaan het.
# Tennisnuus : Die Spanjaard Carlos Alcaraz het die eerste keer ‘n stel afgestaan in vanjaar se Australiese Ope, maar Nuno Borges van Portugal in vier stelle geklop en deurgedring na die laaste 16. Die 21-jarige probeer om die jongste speler ooit in die mans-enkelspel te word wat die loopbaan-Grand Slam voltooi. Die Duitser Alexander Zverev is ook deur na die vierde ronde nadat hy Jacob Fearnley van Brittanje verslaan het. Alcaraz erken hy probeer anders speel om die skare te vermaak:
Die verdedigende vrouekampioen, Aryna Sabalenka, het intussen deurgedring na die vierde ronde en sit haar poging voort vir ‘n derde agtereenvolgende titel op Melbourne Park. Die 26-jarige Belarus het die 42ste op die wêreldranglys, Clara Tauson van Denemarke, geklop. Die 11de-gekeurde Paula Badosa van Spanje het Marta Kostyuk van Oekraïne verslaan. Daar was ook oorwinnings vir Donna Vekic van Kroasië en die Rus Anastasia Pavlyuchenkova. In die mansafdeling het die Amerikaner Tommy Paul vir Roberto Carballes Baena van Spanje verslaan.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….