Nuus 09:00
BULLETIN 17 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die GOOD-party sê Solidariteit en AfriForum tree te kwader trou op
# ’n Verdagte word gearresteer in verband met die uitlek van die 2024-matriekuitslae
# En die Omsigtigheidsowerheid versoek die voorlopige likwidasie van Ithala
# Die GOOD-party sê Solidariteit en AfriForum se besluit om regsoptrede in te stel teen die deurvoer van die Wet op Basiese Onderwyswette is nie geloofwaardig nie en sonder substansie. Die groepe betoog die Wet verbreek vorige ooreenkomste en verontagsaam kritieke aanbevelings deur die minister van Basiese Onderwys Siviwe Gwarube, veral oor taal en toelatingsbeleid. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê Solidariteit en AfriForum is blybaar vasberade om een of ander verbeelde kulturele integrasie-aanval op Afrikaanssprekende kinders te beveg:
# ‘n Een-en-twintigjarige man is in Hillcrest, noord van Johannesburg, vasgetrek in verband met 2024-matriekuitslae wat na bewering aanlyn verkoop is. Die Departement van Basiese Onderwys het vroeër die week strafregtelike klagte ingedien nadat dit vermoedelik uitgelek en op sosiale media geplaas is. Die inligting is teen minstens 100-rand per kandidaat verkoop. Die Valke-woordvoerder, Katlego Mogale, sê die ondersoek na die voorval gaan voort:
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Omsigtigheidsowerheid het by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg aansoek gedoen vir die voorwaardelike likwidasie van die sukkelende KwaZulu-Natalse ontwikkelingsagentskap Ithala. Dit volg nadat die terugbetalingsadministrateur bepaal het dat Ithala tegnies en wetlik insolvent is. Die Omsigtigheidsowerheid glo die optrede is in die beste belang van die nagenoeg 257-duisend beleggers, omdat die aangestelde likwidateur insolvensie-wetgewing sal kan gebruik om hulle fondse terug te kry en te versprei. Ithala het gewaarsku hy kan sluit, wat 400 werksgeleenthede in gevaar stel.
# Amerika het sanksies ingestel teen die hoof van die leër van Soedan, Abdel Fattah al-Burhan, en hom beskuldig van die destabilisering van die land en die ondermyning van die doelwit van ‘n demokratiese oorgang. Die Tesourie-departement sê onder al-Burhan se leierskap het die Soedanese Gewapende Magte dodelike aanvalle uitgevoer op burgerlikes, met skole en hospitale as teikens. Hy voeg by die leër is verantwoordelik vir die opsetlike weerhouding van humanitêre toegang, en gebruik voedingsonthouding as ‘n oorlogstaktiek. Duisende mense is dood in die oorlog en dit het die land in ‘n ernstige humanitêre krisis gedompel.
# Sokker: Amad Diallo het binne 12 minute drie doele in ‘n Premierligawedstryd aangeteken en Manchester United gehelp om Southampton op Old Trafford met drie-een te klop. Die man van die Ivoorkus het die telling in die 82ste minuut gelykop gemaak vir die Reds, voor hy in die 82ste minuut na ‘n plesierige tweespel in die 90ste minuut met Christian Eriksen, United laat voorloop het. Amad het toe voordeel getrek uit Taylor Harwood-Bellis se verdedigingsglips en die oorwinning, en al drie punte, ingepalm. Die bestuurder Ruben Amorim sê Diallo het beïndruk:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-79-sent teen die dollar, 19-rand-34-sent teen die euro en 22-rand-97-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 101-duisend-152-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-715-dollar-3-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 80-dollar-74-sent.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….