Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 Januarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Godongwana beklemtoon die belangrikheid van samewerking by die Wêreld Ekonomiese Forum
# ActionSA-jeugforum doen ‘n beroep op NSFAS om uitstaande studenteskuld aan te spreek
# En, gholf: Greg Norman word vervang as uitvoerende hoof van LIV Gholf
# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het die belangrikheid van samewerking tussen sakeondernemings en die regering beklemtoon in Suid-Afrika se soeke na internasionale steun by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland. Suid-Afrika streef daarna om sy globale invloed te versterk, gelykheid te bevorder en ‘n ekonomie wat meer veerkragtig is, te bou. Hy het tydens ‘n ontbytsessie voor die Wêreld Ekonomiese Forum gepraat en beklemtoon eenheid tussen die regering en sakelui is die sleutel om ekonomiese en maatskaplike uitdagings aan te pak, terwyl daar verseker word tegnologiese vooruitgang is inklusief en volhoubaar.
# ActionSA se nasionale jeugforum doen ‘n beroep op die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente om onmiddellik alle uitstaande skuld te vereffen en op te hou verskonings maak, aanspreeklikheid te vermy en die kultuur van korrupsie voort te sit. Reuben Coetzer van ActionSA sê ten spyte van regeringsbeloftes oor hervorming, het die minister van Hoër Onderwys, Nobuhle Nkabane, en die tussentydse NSFAS-raad hul ondoeltreffendheid bewys aangesien die dringende krisis nie aangespreek is nie en hulle studente se probleme ignoreer:
# Die gewilde Bollywood-akteur, Saif Ali Khan, is geopereer en is buite gevaar nadat hy oornag deur ’n indringer in sy huis gesteek is. Die aanval was vroegoggend in ‘n luukse woonbuurt in die Indiese stad, Mumbai, waar Khan en sy gesin woon. Die polisie het aan die BBC gesê die akteur is beseer nadat hy na middernag in sy huis handgemeen geraak het met ‘n ongeïdentifiseerde man. Khan is getroud met die Bollywood-ster, Kareena Kapoor Khan, en het sy Bollywood-buiging in 1993 gemaak.
# Gholf: Australiër Greg Norman is as uitvoerende hoof van LIV Gholf vervang. LIV het bekendgemaak die ervare sportbestuurder, Scott O’Neil, neem by Norman oor. Norman het ‘n sleutelrol vervul met die bekendstelling van LIV Gholf as sy eerste uitvoerende hoof en Kommissaris en maar sal volgens ‘n verklaring voortaan nie by die dag-tot-dag-werksaamhede betrokke wees nie. Hy sal egter steeds betrokke wees by LIV Gholf. Norman was ʼn polariserende figuur in die breuk tussen die gevestigde PGA-toer en die nuutgestigte LIV Gholf, wat deur die Saoedi Openbare Beleggingsfonds besit word.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-85-sent teen die dollar, 19-rand-37-sent teen die euro en 22-rand-98-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 99-duisend-176-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-716-dollar-34-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-92-sent per vat.
# Ten slotte: Die DA in die Wes-Kaap het Kunstekaap gelukgewens met sy meer as 301-duisend-298 gaste in 2024. Hierdie mylpaal weerspieël wêreldklas-produksies sowel as gemeenskapsontwikkelingspogings. Die DA se provinsiale woordvoerder vir Kultuursake en Sport, Thomas Walters, het Kunstekaap se leierskap geprys. Walters het die organisasie ook geloof vir sy rol om plaaslike talent te ontwikkel, asook die inspirasie wat hy aan leerders bied, sy bevordering van toerisme en die verryking van Kaapstad se kulturele waardes:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….