Nuus 09:00
BULLETIN 15 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Julius Malema sê die MK-party is verantwoordelik vir die EFF se agteruitgang
# Sadou sê die bemagtiging van meisies moenie ten koste van seuns geskied nie
# En die voormalige Mej SA Demi-Leigh Tebow verwag haar eersteling
# Die EFF-leier Julius Malema sê die stigting van oudpresident Jacob Zuma se MK-party moet die skuld kry vir die EFF se swak vertoning in verlede jaar se algemene verkiesing. Die party se nasionale steun het afgeneem van 10,5-persent in 2019 tot 9,5-persent in die Mei-verkiesing. Die MK-party het die EFF boonop verbygesteek as die land se derde grootste party. Malema het aan eNCA gesê EFF-ondersteuners is mislei, veral in KwaZulu-Natal:
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie vra die Departement van Basiese Onderwys om meer te doen om toe te sien dat seuns en dogters ewe suksesvol is. Dit volg nadat meer meisies die 2024 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geskryf en beter as seuns gedoen het. Sadou se woordvoerder, Nomusa Cembi, sê die regering moet voorkeur gee aan onderwys as noodsaaklike belegging om maatskaplike en ekonomiese probleme aan te spreek:
# Suid-Korea se president, Yoon Suk Yeol, wat in ‘n staat van beskuldiging is, is by sy huis in hegtenis geneem en vir ondervraging ingeneem oor sy mislukte poging om verlede maand krygswet af te kondig. Die beleërde president het sedertdien in sy huis geskuil waar gewapende veiligheidswagte weke lank verhoed het dat hy in hegtenis geneem word vir verskeie ondersoeke en sy verhoor. Hy is die eerste president van Suid-Korea wat in hegtenis geneem is. Yoon het die ondersoeke teen hom afgemaak as onregmatig en sê wetteloosheid heers in die land.
# Sokker: Liverpool het sy onoorwonne wenlopie in die Premierliga tot 16 wedstryde uitgebrei ná ‘n gelykopwedstryd van een elk teen Nottingham Forest. Diogo Jota se doel vir Liverpool het sake gelykop gemaak ná Chris Wood se doelskop vroeg in die wedstryd, met Arne Slot se span wat sy voorsprong van ses punte behou. Die heersende kampioene, Manchester City, het sy twee-nul-voorsprong verbeur en met twee-elk gelykop geëindig teen Brentford. City is nou 12 punte agter Liverpool. City se bestuurder, Pep Guardiola, sê hulle het op kritieke oomblikke verkeerde besluite geneem:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-94-sent teen die dollar, 19-rand-50-sent teen die euro en 23-rand-10-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-341-dollar-46-sent. Die prys van goud is twee-duisend-676-dollar-18-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 79-dollar-27-sent per vat.
# En ter afsluiting, die voormalige Mej Suid-Afrika en Mej Heelal, Demi-Leigh Tebow, en haar man, die gewese NFL-agterspeler Tim Tebow, verwag hul eerste baba. Die twee is in Januarie 2020 in Franschhoek in die Wes-Kaap getroud. Demi-Leigh is in 2017 as Mej Suid-Afrika gekroon en het daardie selfde jaar ook die Mej Heelal- en Mej Wêreld-titel verower. Die paartjie het aan People Magazine gesê hulle is gereed om dit wat hulle die afgelope vyf jaar in hul huwelik geleer het, op ouerskap toe te pas.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….