Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 14 Januarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# NAPTOSA is ingenome met die land se rekord-matriekslaagslyfer van 2024
# Tennis: Veteraan Gael Monfils klop sy landgenoot in ‘n rillerstryd van vyf stelle
# En, Bob Dylan se konsepliedjies en kunswerke gaan opgeveil word
# Die Nasionale Professionele Onderwysersorganisasie van Suid-Afrika sê die matrieks van 2024 het merkwaardige veerkragtigheid en vasberadenheid getoon. Die land se matrieks het ‘n slaagsyfer van 87,3-persent behaal, wat Suid-Afrika se hoogste slaagsyfer sedert 1994 is. Naptosa se uitvoerende direkteur, Basil Manuel, sê onderwysers moet erkenning ontvang vir hul ekstra insette om omstandighede te skep wat bevorderlik was vir matrikulante om te studeer:
RISE Mzansi sê ondertussen die matriekklas van 2024 het sukses behaal ten spyte van swak infrastruktuur en hulpbronne, misdade in en rondom skole, en swak basiese dienste. Matrieks het ‘n slaagsyfer van 87,3-persent behaal teenoor die 82,9-persent in 2023. RISE Mzansi se leier, Songezo Zibi, sê Suid-Afrika is ʼn land met ʼn groot behoefte aan ekonomiese ontwikkeling. Daarom moet wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde voorkeur kry in onderwys:
# Donald Trump se benoemings vir die kabinet word van vandag af ʼn week lank onder die vergrootglas geplaas by Capitol Hill. Amerika se senators hou bevestigingsverhore wat hulle politieke loopbaan kan maak of breek. Dertien benoemdes moet voor 11 komitees verskyn. Sommige sal maklik slaag, maar ander sal omstrede kwessies moet verduidelik, van beweerde seksuele aanranding en alkoholmisbruik tot verhoudings met diktators en skeptisisme oor inentings. Trump se keuses het deeglik voorberei met skynverhore en opleiding oor die hantering van moeilike vrae.
# Die 38-jarige Franse veteraan Gael Monfils geniet ‘n oplewing in sy loopbaan en het in ‘n rillerstryd van vyf stelle sy jong landgenoot Giovanni Mpetshi Perricard in die Australiese Open geklop. Hy het die 21-jarige Perricard deurentyd onder druk gehou en het uiteindelik met 7-6, 6-3, 6-7, 6-7 en 6-4 geseëvier. Die flambojante Monfils het Saterdag die oudste enkelspelkampioen in die geskiedenis van die ATP-toer geword toe hy die Auckland Classic-kampioenskap ingepalm het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-93-sent teen die dollar, 19-rand-43-sent teen die euro en 23-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-660-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-671-dollar-41-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-79-sent per vat.
# Ten slotte: Talle van die sanger Bob Dylan se gedenkskrifte gaan Saterdag in die gedenksaal en -museum vir musikante in Nashville opgeveil word. Die veiling, Celebrating Bob Dylan: The Al Aronowitz Archive, T Bone Burnett, and More, sluit vroeëre konsepte in van die sanger en liedjieskrywer se nommereen-treffer, Mr Tambourine Man. Dit sluit ook verskeie oorspronklike kunswerke in, waaronder ‘n ondertekende olieverfskildery uit 1968 en ‘n analoog-skyf van die sanger se 2022-heropname van The Times They Are A-Changing. Dylan het meer as 125-miljoen opnames tydens sy loopbaan verkoop.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….