Nuus 08:00
BULLETIN 14 Januarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa loof die 2024-matriekklas
# BOSA sê die matriekslaagsyfer is misleidend
# En Kuba sluit by Suid-Afrika aan teen Israel by die Internasionale Geregshof
# President Cyril Ramaphosa het die 2024-matriekklas geloof vir die talle, ongekende prestasies wat dui op leerders se persoonlike toewyding en vordering in die sektor vir basiese onderwys. Die matrieks se 87,3-persent slaagsyfer is die land se hoogste nasionale slaagsyfer ooit. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê hierdie uitslae toon die jeug se samewerking, veerkragtigheid en trots om ‘n beter toekoms te skep:
Build One South Africa sê intussen die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen se 2024-matriekslaagsyfer is misleidend omdat die werklike slaagsyfer 51-persent is. Hy sê dit dui op ʼn onderwysstelsel wat jongmense se toekoms in gevaar stel. BOSA se waarnemende woordvoerder, Roger Solomons, sê van die 1,2-miljoen leerders wat in 2013 in graad 1 was, het net 615-duisend in 2024 matriek geslaag:
# Die DA veroordeel planne deur die Stad Tshwane en Gauteng Provinsie om behuising vir vloedslagoffers in Mamelodi op ‘n beskermde erfenisterrein by Cullinan te bou. Daar is grafte uit die 1700’s, forte uit die Boereoorlog, ‘n hospitaal uit 1906 en ‘n lewensbelangrike vleiland in die gebied. DA-woordvoerder vir Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning in Gauteng, Leanne de Jager, kritiseer die regering omdat hy drie mislukte omgewingsimpakstudies ignoreer, wat die historiese en ekologiese betekenis van die terrein bedreig. Die DA eis alternatiewe grondgebied en waardige behuising vir inwoners wat geraak is.
# Kuba het aangesluit by Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel in die Internasionale Strafhof. Suid-Afrika het in Desember 2023 stappe teen Israel ingestel en voer aan die Geneefse Konvensie word oortree wat behandeling van Palestyne in die Gaza-strook betref. Talle lande soos Spanje, Libië, Mexiko, Turkye, Colombië en Nicaragua het sedertdien by die saak aangesluit. Sedert die Hamas-aanval in Oktober 2023 gaan Israel voort met sy aanval waarin 46-duisend-600 mense volgens berigte dood is.
# Krieket: MI Cape Town is terug op die wenpad met ʼn oortuigende 33-lopie-sege oor Paarl Royals in die SA20 se Kaapse derby op Nuweland. Nuweling Reeza Hendricks se 59 het die grondslag gelê vir die tuisspan se 172 vir sewe in hul 20 boulbeurte. In antwoord daarop het George Linde die beste SA20-syfer van sy loopbaan gelewer met drie paaltjies vir 15 lopies in vier boulbeurte, met die Paarl Royals wat tot 139 vir nege beperk is. MI Cape Town se kaptein, Rashid Khan, sê hulle het goed presteer:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-97-sent teen die dollar, 19-rand-44-sent teen die euro en 23-rand-16-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 94-duisend-956-dollar-8-sent. Die prys van goud is twee-duisend-679-dollar-18-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 80-dollar-61-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….