Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 13 Januarie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ongeregistreerde graad 12-kandidate en ongeakkrediteerde kolleges kan beboet word
# Swaar reën beïnvloed bedrywighede by die Krugerwildtuin
# En, tennis: ‘n Paar benoude oomblikke maar Carlos Alcaraz dring deur tot die tweede ronde van die Australiese Ope
# Gehalteversekeringsliggaam, Umalusi, het stappe gedoen teen ongeregistreerde kandidate en ongeakkrediteerde privaat kolleges wat by die 2024-eksamen betrokke was. ’n Skool wat ongeregistreerde leerders toegelaat het om graad 12-eksamen te skryf, se registrasie is teruggetrek, terwyl 128 privaat kolleges wat sonder akkreditasie eksamens vir N2 en N3 afneem, ondersoek word. Die uitvoerende hoof van Umalusi, Mafu Rakometsi, het aan die media gesê die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding is aangesê om hierdie oortredings aan te spreek en om ‘n volledige verslag voor te lê:
# Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei, bestempel die onwettige mynkrisis in Stilfontein as ‘n slagting. Sebei het tydens ‘n Mining Affected Communities-inligtingsessie, Skag 11 as ‘n massagraf beskryf, met die oorskot van baie mynwerkers wat dalk nooit herwin sal word nie. Hy kritiseer die regering en mynbousektor omdat hulle versuim het om bedrywighede wettig te maak, wat die tragedie kon verhoed het:
# Swaar reën het paaie beskadig en veroorsaak dat van die kampe in die Kruger Nasionale Park, hoofsaaklik suid van die Olifantsrivier, gesluit is. Die paaie tussen Skukuza en Onder-Sabie word tans herstel, en alle hekke is steeds oop. SanParke het besoekers aangeraai om nie laagwater brüe oor te steek of om opdrifsels self te verwyder nie, maar om noodpersoneel te kontak indien nodig. Opgedateerde padtoestande sal aanlyn of by ruskampe se ontvangs beskikbaar gestel word. Toeriste word verder versoek om te bevestig hoe toeganklik dit is voor hul bespreek.
# Heathrow in Londen het het verlede jaar ‘n rekordaantal passasiers op Europa se besigste lughawe verwelkom, met lugreise ná die onstuimige Covid-jare herstel het. Altesaam 83,9-miljoen mense het in 2024 van die lughawe gebruik gemaak, drie-miljoen meer as die vorige hoogtepunt in 2019, ‘n jaar voor die pandemie. Heathrow het verlede maand sy besigste Desember op rekord beleef, met meer as sewe-miljoen passasiers.
# Tennis: Carlos Alcaraz het sy aanslag vir sy eerste Australiese Ope-titel begin deur in skoon stelle ontslae te raak van Alexander Shevchenko van Kazakstan. Die Spanjaard het in sy eerste wedstryd van die seisoen ‘n paar benoude oomblikke in Melbourne beleef voor hy uiteindelik met 6-1, 7-5 en 6-1 koning gekraai het. Alcaraz wil ʼn loopbaan-Grand Slam behaal deur al vier majors teen ouderdom 21 te wen. Hy speel in die tweede ronde teen Yoshihito Nishioka van Japan.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-16-sent teen die dollar, 19-rand-52-sent teen die euro en 23-rand-19-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 90-duisend-819-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-671-dollar-2-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-34-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….