Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# ‘n Onlangse referaat in die tydskrif, Nature, toon bykans 25-persent van die 23-duisend-500 varswaterspesies loop gevaar om uit te sterf, en word geklassifiseer as kwesbaar, bedreig of krities bedreig. Die medevoorsitter van die Varswaterbewaringskomitee, Ian Harrison, skryf dit toe aan ondermeer besoedeling en klimaatsverandering. Harrison beklemtoon varswater-ekosisteme is noodsaaklike reservoirs vir biodiversiteit, maar word steeds bedreig. Hy vra vir optrede teen besoedeling, habitatverlies en indringerspesies:
# Die oorskot van ‘n man wat naby ‘n Oostenrykse gletser ontdek is, is uitgeken as die van ‘n Duitse bergklimmer wat byna 60 jaar gelede dood is. Klimaatsverandering het die gletsers vinniger laat smelt en die minder ys het liggame van klimmers ontbloot wat reeds jare en dikwels dekades lank begrawe was. Die Duitse man se oorskot is verlede jaar in die Tirool-provinsie in die weste van Oostenryk ontdek. Hy is in Maart 1967 as vermis aangemeld nadat hy in ‘n skeur geval het terwyl hy saam met ‘n metgesel die Wasserfallferner-gletser op ski’s oorgesteek het.
# En laastens: Die dodetal in die vyf brande in Los Angeles het nou tot tien gestyg terwyl weervoorspellers waarsku dat sterk winde die vlamme verder kan aandryf. Tienduisende strukture is in die grootste brand ooit in die Palisades-kusgebied vernietig en dit is slegs ses-persent onder beheer. Die Los Angeles-polisiedepartement sê intussen ‘n man is aangekeer vir vermoedelik brandstigting na hy na bewering probeer het om ‘n brand in die Woodlands Hills-gebied te stig.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….