Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Kaapstadse burgemeester sê die ANC lieg oor die rede waarom sy verjaarsdagviering in Khayelitsha gehou word
# Nicolas Maduro van Venezuela in sy amp beëdig ondanks wêreldwye protes
# En, krieket: Durban Super Giants hoop om een stap verder te vorder in die SA20
# Kaapstadse burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die ANC lieg oor die rede waarom sy 113de verjaardagvieringe in Khayelitsha gehou word. Volgens sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, is dit strategies aangesien die party weer bande met sy ondersteuners wil hernu. Hill-Lewis sê die ANC is onbevoeg en het te laat probeer om die Kaapstad- of Athlone-stadion te bespreek. Die Stormers speel in die Kaapstad-stadion en die Klopse-karnaval is in die Athlone-stadion. Hy sê die ANC het teen 5 Desember verlede jaar nog nie ‘n plek vir hul 8 Januarie-saamtrek bespreek nie.
# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy sal voortgaan om die beste moontlike aanbod vir sy lede te beding en ‘n mandaat verkry voor hulle oor ‘n aanbod besluit. John Teffo van die vereniging sê die staat het sy aanbod hersien, vanaf 4,7-persent tot ‘n verhoging van 5-persent vir die 2025/2026-boekjaar. Hy sê vir die volgende twee boekjare sal verhogings gebaseer word op die geraamde verbruikersprysindeks:
# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth het ‘n kontrak met 12 organisasies ingevolge die Arbeidsaksieprogram onderteken wat werkskepping aanspoor. Die vennote het beloof om 17-duisend werksoekers in verskeie nywerheidsektore in diens te neem. Die direkteur-generaal Viwe Mlenzana het aan SABC News gesê die inisiatief is ‘n stap om die hoë werkloosheidsyfer aan te spreek. Hy het verduidelik die plasings het reeds begin en sal teen die einde van die maand afgehandel word:
# President Nicolas Maduro van Venezuela, wat sedert 2013 die amp beklee, word ondanks wêreldwye beswaar vandag die derde keer ingehuldig met duisende wat betoog in die aanloop tot die seremonie. Die opposisieleier, Maria Corina Machado, het gister weer in die openbaar verskyn om ‘n betoging in Caracas te lei. Die aangewese Amerikaanse president Donald Trump, het Machado en Edmundo Gonzalez Urrutia as vryheidsvegters beskryf. Urrutia het Machado op stembriewe vervang en daar word algemeen aanvaar dat Maduro in die verkiesing op 28 Julie geklop het.
# Krieket: Die Durban Super Giants hoop om vanjaar een stap beter te doen wanneer hulle SA20-veldtog vandag teen die Pretoria Capitals op die Kingsmead-stadion in Durban begin. Hulle het verlede jaar se eindstryd met 89 lopies teen die Sunrisers Eastern Cape verloor. Kaptein Keshav Maharaj sê hulle het nog ‘n sterk groep spelers met baie wat terugkeer en ʼn paar opwindende nuwelinge, daarom sien hulle uit dat die veldtog moet begin:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-96-sent teen die dollar, 19-rand-53-sent teen die euro en 23-rand-30-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 94-duisend-785-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-679-dollar-69-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-70-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….