Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 9 Januarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Gayton McKenzie steun die oproep vir die Proteas om die Afghanistan-wedstryd te boikot
# Hokkie: Beheerliggaam in Engeland verbied transgender-spelers in vrouehokkie
# En, ‘n Italiaanse dorpie verbied inwoners om siek te word
# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, steun oproepe dat die Proteas hul IKR Kampioenetrofee-wedstryd volgende maand teen Afghanistan moet boikot. Volgens hom is daar morele vrae oor die Taliban-regering se verbod op vrouesport en die vrouekrieketspan van Afghanistan wat in 2021 ontbind is. Die woordvoerder van die minister, Stacey-Lee Khojane, sê in die lig van Suid-Afrika se apartheidsgeskiedenis, sal dit skynheilig wees om sulke diskriminasie teen vroue wêreldwyd te ignoreer.
# Die president van die ANC-jeugliga, Collen Malatji, het onthul hy was in kontak met die voormalige EFF-parlementslid, Mbuyiseni Ndlozi, ná sy bedanking uit die Parlement. Ndlozi is steeds ‘n gewone lid van die EFF-tak op Orange Farm. Malatji het op die Progressive Business Forum se Presidensiële Gholfdag in Kaapstad gepraat en het nie die besonderhede van hul gesprekke bekend gemaak nie:
# Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het ‘n ondersoek van stapel gestuur na ‘n beweerde rassistiese voorval op ‘n FlySafair-vlug vanaf Durban na Kaapstad. Dit volg nadat ‘n beweerde besope passasier op 26 Desember aggressief geraak het, rassistiese beledigings rondgeslinger het en vlugkelners aangeval het omdat sy nog alkohol geweier is. Kommissaris Tshepo Madlingozi sê ‘n misdaadklagte is ingedien en versoek passasiers met inligting om na vore te kom:
# Hokkie: Die beheerliggaam in Engeland verbied vanaf 1 September transgender-spelers in vrouehokkie wanneer die nuwe seisoen begin. Engeland Hokkie sê in ‘n verklaring dit word gedoen ter wille van billike mededinging. Dit volg op dergelike stappe deur verskeie beheerliggame in ander sportsoorte, insluitend die Lawn Tennis Association, die LPGA-gholfreeks en die krieketraad van Engeland en Wallis om die deelname van transgender-atlete in vroulike kategorieë te beperk. Atletiek, fietsry en swem het soortgelyke beleid ingestel.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-83-sent teen die dollar, 19-rand-42-sent teen die euro en 23-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 92-duisend-435-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-670-dollar-35-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-19-sent per vat.
# Ten slotte: Die burgemeester van ‘n klein dorpie in Suid-Italië het ‘n ongewone proklamasie uitgevaardig. Inwoners van Belcastro in die suidelike streek van Calabrië mag nie so siek word dat dit mediese bystand vereis nie, veral ‘n noodgeval. Burgemeester Antonio Torchia sê die proklamasie is ‘n noodkreet, wat die ontoereikende toegang van die dorp tot gesondheidsorg uitlig. Belcastro het ‘n bevolking van ongeveer een-duisend-300 mense van wie die helfte bejaard is. Daar is oor naweke, openbare vakansiedae en na-ure geen dokters beskikbaar nie. Die naaste ongevalle-afdeling is 45 kilometer verder.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….