Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 9 Januarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Menseregtekommissie ondersoek ‘n beweerde rassistiese voorval op ‘n Durban na Kaapstad-vlug
# Krieket: Die nuwe SA20-seisoen begin vanmiddag
# En, ‘n veearts bied skuiling aan tientalle troeteldiere tydens die verwoestende Palisades-brand
# Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het ‘n ondersoek van stapel gestuur na ‘n beweerde rassistiese voorval op ‘n FlySafair-vlug vanaf Durban na Kaapstad. Dit volg nadat ‘n beweerde besope passasier op 26 Desember aggressief geraak het, rassistiese beledigings rondgeslinger het en vlugkelners aangeval het omdat sy nog alkohol geweier is. Kommissaris Tshepo Madlingozi sê ‘n misdaadklagte is ingedien en versoek passasiers met inligting om na vore te kom:
# ANC-president Cyril Ramaphosa het die hoop uitgespreek voldoende fondse word ingesamel om die party se bedrywighede tydens sy 113de verjaardagvieringe te ondersteun. Ramaphosa het tydens die Presidensiële Gholfdag van die Progressiewe Sakeforum in Kaapstad die geleentheid se fokus op netwerkvorming en strategiese betrokkenheid beklemtoon. Hy sê daar is ‘n herlewing in belangstelling deur die sakegemeenskap, ten spyte van die ANC se verlies aan ‘n meerderheid in die laaste algemene verkiesing:
# Pous Franciskus waarsku oor die gevare van waninligting en die verspreiding daarvan op sosiale media en met kunsmatige intelligensie. Die pous het tydens sy tradisionele Nuwejaarstoespraak aan diplomate by die Vatikaan die toenemende polarisering in die samelewing betreur, wat vererger word deur die volgehoue skepping en verspreiding van fopnuus wat feite en persepsies verdraai. Volgens lei hierdie verskynsel tot vals beelde van die werklikheid en skep ‘n klimaat van agterdog wat haat aanwakker, mense se sin vir veiligheid ondermyn en vreedsame naasbestaan en die bestendigheid van nasies bedreig.
# Krieket: Die derde SA20 begin vandag met die heersende kampioene, Sunrisers Eastern Cape, wat MI Cape Town op St George’s Park in die Baai die stryd aansê. Sunrisers se afrigter, Adrian Birrell, het die kern van sy seëvierende span behou en dit versterk met die Engelse internasionale spelers, Zak Crawley, Richard Gleeson en Craig Overton. MI Cape Town wat in 2023 en 2024 laaste geëindig het, het die Protea-witbalspeler, Reeza Hendricks, se hulp ingeroep teen 4,3-miljoen-rand.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-87-sent teen die dollar, 19-rand-44-sent teen die euro en 23-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 93-duisend-127-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-672-dollar-27-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-21-sent per vat.
# Ten slotte: ‘n Veearts met twee hospitale in Los Angeles kilometers ver van die voortslepende brande, het drie skuilings vir honde, katte en ander troeteldiere sonder tuiste geskep. Annie Harvilicz het aan CNN gesê dit het begin met die versorging van haar broer se twee troeteldiere, maar sy bied nou skuiling aan dosyne diere terwyl hul eienaars veiligheid opsoek. Haar personeel sien na die troeteldiere om deur hulle te voer, ruimte te skep waar hulle kan rondloop en verleen mediese sorg aan die beseerde diere van wie sommige brandwonde en snywonde opgedoen het. Vrywilligers help ook die personeel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….