Nuus 11:00
BULLETIN 9 Januarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mbuyiseni Ndlozi het bedank as ‘n EFF-Parlementslid
# Die VN is bekommerd oor die voortgesette humanitêre krisis in Sirië
# En tennis: Djokovic en Alcaraz kan mekaar die stryd aansê in die kwarteindronde van die Australiese Ope
# Die EFF het bevestig dat Mbuyiseni Ndlozi en Yazini Tetyana vrywillig bedank het as verteenwoordigers van die party in die Parlement. Ndlozi is verlede maand uitgesluit van deelname aan die EFF se nasionale vergadering, wat die party se belangrikste besluitnemingskonferensie is. Tetyana was deel van die Oos-Kaapse provinsiale wetgewer en Parlement, terwyl Ndlozi sedert 2014 in die Nasionale Vergadering was. Sinawo Thambo van die EFF sê albei het uitstaande werk gedoen:
# Build One South Africa het met ‘n petisie begin wat die minister van Basiese Onderwys Siviwe Gwarube aanmoedig om die minimum matriek slaagsyfer van 30-persent te skrap en dit te verhoog na 50-persent. Die petisie betoog dat ‘n 30-persent slaagsyfer vir vakke op matriekvlak die intellek van Suid-Afrika se jeug ondermyn, en die vaslegging toelaat van middelmatigheid en lae verwagtinge. Die waarnemende woordvoerder van BOSA, Rogers Solomons, sê ‘n lae 30-persent slaagsyfer skaad leerders, die onderwysstelsel, en oor die langtermyn, die ekonomie:
# Die DA verwelkom president Cyril Ramaphosa in Kaapstad, en noem dit die een bestendige stad te midde van die voortdurende stryd in ANC-geleide gebiede. Die stad het volgens die party meer as 300-duisend werksgeleenthede geskep, met ‘n infrastruktuurplan ter waarde van 39,5-miljard-rand om dienste te verbeter en laer-inkomste gemeenskappe te ondersteun. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis sê Kaapstad spog met die laagste werkloosheidsyfer. Hill-Lewis hoop Ramaphosa se besoek sal lei tot produktiewe samewerking tussen plaaslike en nasionale leiers om ‘n beter toekoms te skep.
# Die Verenigde Nasies sê toegang tot gebiede in die noord-ooste van Sirië bly ‘n probleem weens die sluiting van interne grensposte en brûe wat deur onlangse gevegte beskadig is. Sowat 15-miljoen Siriërs het gesondheidsdienste nodig, byna 13-miljoen staar voedselonsekerheid in die gesig en ongeveer 620-duisend is ontheem. Die VN se noodverligting-koördineerder, Tom Fletcher, het in sy toespraak voor die Veiligheidsraad drie belangrike humanitêre probleme in Sirië uitgelig:
# Tennis: Die verdedigende Australiese Ope-kampioen Jannik Sinner van Italië staan voor ‘n groot uitdaging in die eerste ronde teen die mokerhou-speler, die Chileen Nicolas Jarry. Sinner is in dieselfde helfte as die Amerikaner Taylor Fritz en die Rus Daniil Medvedev. Die tienmalige kampioen Novak Djokovic, wat in die kwarteind te staan kan kom teen Carlos Alcaraz van Spanje, speel in die eerste ronde teen die Amerikaner Nishesh Basavareddy. Intussen begin Aryna Sabalenka van Belarus in die vroueafdeling haar poging om ‘n derde agtereenvolgende titel in te palm teen die 2017 Amerikaanse Ope-wenner, Sloane Stephens van die VSA.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-89-sent teen die dollar, 19-rand-46-sent teen die euro en 23-rand-24-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 94-duisend-130-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-665-dollar-31-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 76-dollar-5-sent.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….