Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 8 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Navorsers van die Universiteit van Kaapstad en die Kameelperd-bewaringstigting het bevestig dat ‘n studie wat op kameelperde se genetika gebaseer is, vier nuwe, afsonderlike spesies ontdek het. Die span het die grootste bekende data-stel van enige medium tot groot diere versamel deur 515 3D-skanderings van kameelperdskedels uit Afrika se nasionale parke, wildplase, taksidermiste en museumversamelings wêreldwyd te versamel. Professor Nikolaos Kargopoulos van die universiteit sê die bestaan van vier afsonderlike kameelperd-spesies hou duidelike gevolge in vir hul bewaring:
# ‘n Studie deur Rhodes Universiteit het per- en polyfluoroalkyl-substansies uitgeken, wat ook bekendstaan as tydlose chemikalieë, wat besoedeling veroorsaak in elf Afrikalande. Dit sluit in Suid-Afrika, Kenia, Nigerië, Ghana, Mali en Zambië. PFAS is ‘n groep sintetiese chemikalieë wat drinkwater, kos en die lug kan besoedel. Die universiteit sê die Vaalrivier in Suid-Afrika en die Nairobirivier in Kenia is brandpunte vir tydlose chemikalieë. Hy voeg by daar is verskeie maniere om PFAS-besoedeling te hanteer, waaronder die versterking van regulasies, die verbetering van die behandeling van afvalwater en die versterking van navorsing en befondsing.
# En laastens: ’n Verkleurmannetjie so groot soos ʼn skuifspeld en die walvishaai is van die bedreigde spesies diere en plante wat vanjaar deur bewaringsgesindes gemonitor word. Volgens ‘n internasionale natuurbewarings- en liefdadigheidsgroep, Fauna en Flora, word die spesies bedreig deur habitatverlies, klimaatsverandering, siektes en jagters. Die lys sluit in die kritiek bedreigde Europese nerts, wat in lande soos Roemenië voorkom, ‘n magnolia-spesie wat onlangs in Honduras ontdek is en die groot neushoringvoëlspesie van Suid-Asië.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….