Nuus 09:00
BULLETIN 8 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is…….. In die bulletin:
# Minister Motsoaledi waarsku dat meer pandemies in die toekoms moontlik is
# Die DA glo onwettige mynwerkers vernietig die mynbedryf
# En pous Franciskus stel ‘n non aan om die Vatikaan se bestuur te hervorm
# Die minister van Gesondheid Aaron Motsoaledi waarsku dat meer pandemies in die toekoms waarskynlik is, soos wat klimaatsverandering en die indringing van die habitat van ander spesies deur mense voortduur. Die land monitor die uitbreking van die menslike meta-longvirus in China, ‘n asemhalingsiekte wat simptome het wat soortgelyk is aan Covid-19. Motsoaledi sê besprekings duur voort met die hulp van die land se voormalige direkteur-generaal van Gesondheid Precious Matsoso. Sy is tans die mede-voorsitter van die Wêreldgesondheidsvergadering se interregeringsonderhandelingsliggaam wat sy basis in Switzerland het.
# Die DA glo onwettige myners is skadelik vir die bedryf en die omliggende gemeenskappe omdat hulle belegging verdryf ern staatsinkomste steel. Dit gebeur terwyl onwettige mynwerkers van November verlede jaar af ondergronds vasgekeer is in die Buffelsfonteinmyn in Noordwes. James Lorimer van die DA sê dit lyk of die probleem is dat om ‘n uitgangs-operasie vir die zama zamas te reël, sal die spesialis-reddingspoging befonds en amptelik goedgekeur moet word:
# Die minister van Polisie Senzo Mchunu het die inhegtenisneming en hofverskyning verwelkom van die laaste verdagte in die Lusikisiki-massaskietery, wat 18 lewens geëis het. Die 20-jarige Songezo Vuma is Sondag aangekeer op ‘n bus in King William’s Town wat op pad was na Kaapstad. Hy word verbind met 18 moorde, asook die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisieklagtes. Die woordvoerder van die polisieministerie, Kamogelo Mogotsi, sê altesaam agt mense is in hegtenis geneem in verband met die slagting:
# Pous Franciskus het suster Simona Brambilla aangewys om aan die hoof te staan van ‘n afdeling van die Vatikaan. Sy is die eerste vroulike hoof van die kantoor vir Katolieke godsdienstige ordes en gemeentes. Franciskus wil die bestuur van die Katolieke Kerk hervorm en non Brambilla is ʼn geskiedkundige eerste benoeming as Prefek van die Dikasterie vir die Instituut vir die Toegewyde Lewe en Verenigings van Apostoliese Lewe. Die 59-jarige Brambilla is ‘n voormalige verpleegster wat ʼn sendeling in Mosambiek was en voorheen die adjunkhoof van die departement was. Die Vatikaan gebruik die woord dikasterie om na ministeries of departemente te verwys.
# Sokker: Newcastle het beheer geneem oor hulle Carabaobeker-halfeindstryd met ‘n oortuigende twee-nul, eerstebeen oorwinning oor Arsenal in die Emirates-stadion. Doele deur Alexander Isak en Anthony Gordon het gesorg vir die besoekers se eerste weg-oorwinning oor Arsenal sedert November 2010. Newcastle moet nou nie verloor nie, of net met een doel verloor, in die tweede been op St James’ Park op 5 Februarie vir ‘n plek in die eindstryd. Die bestuurder van Newcastle Eddie Howe sê die eindtryd is op ‘n mespunt:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-71-sent teen die dollar, 19-rand-37-sent teen die euro en 23-rand-35-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-275-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-647-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 77-dollar-11-sent.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….