Nuus 07:00
BULLETIN 8 Januarie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA beskuldig ActionSA dat hy skynheilig is oor sy blouligbrigade
# Meta raak ontslae van sy feitekontroleurs oor politieke vooroordeel
# En motorsport: Henk Lategan vergroot sy algehele voorsprong in die Dakar-veldwedren
# Die DA sê al sy kabinetsministers se voertuie is by die vorige administrasie geërf en die ministers self het die aankoop van nuwe voertuie verbied. ActionSA het die minister van Landbou, John Steenhuisen, gekritiseer nadat hy ingestem het dat sy veiligheidspersoneel luukse sportnutsvoertuie van byna driemiljoen-rand wat met blou ligte toegerus is, gebruik. Die DA sê ActionSA het in sy haas om goedkoop politieke speletjies te speel, sy eie skynheiligheid ontbloot, want toe sy leier, Herman Mashaba, Johannesburg se burgemeester was, het hy ook ‘n konvooi voertuie gebruik.
# Die MK-party sê ArcelorMittal Suid-Afrika se besluit om sy Newcastle- en Vereeniging-aanlegte te sluit, weerspieël die afwesigheid van ’n regering wat in staat is om die land se strategiese nywerhede te beskerm. Die sluiting bedreig die werksgeleenthede van ongeveer drie-duisend-500 werkers. Die MK-party vra vir onmiddellike beleidsingrypings, insluitend die verbod op goedkoop staalinvoer, om plaaslike nywerhede te beskerm en werk te skep. Die party sê die Parlement se portefeuljekomitees oor Vervoer en Handel, Nywerheid en Mededinging moet dringend ingryp om die sluiting van ArcelorMittal se bedrywighede te keer.
# ActionSA ondersteun Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, in haar regstryd teen ‘n uitspraak van die Suid-Afrikaanse Plaaslike Bedingingsraad. Die raad het beveel die amptenare wat geskors is weens die onwettige toekenning van ‘n tender aan die sakeman, Edwin Sodi in 2019, moet heraangestel word, en meen daar was prosedurele foute. Die nasionale voorsitter van ActionSA, Michael Beaumont, gee die vorige DA-geleide administrasie onder die voormalige burgemeester Cilliers Brink die skuld vir prosedurele foute en ondersteun die stad se plan om regsadvies in te win:
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê planne is gereed om die oorstroomde Generaal De La Rey Hospitaal in Noordwes op te knap sodra hulle goedkeuring kry. Die minister het Dinsdag die hospitaal in Lichtenburg besoek waar 30 pasiënte weens die oorstroming na ander fasiliteite oorgeplaas moes word. Dis die derde hospitaal in die provinsie wat die afgelope week onder swaar reën deurgeloop het. Motsoaledi sê die oorstromings by die hospitaal word deur Lichtenburg se swak dreineringstelsels vererger:
# Meta sê hy gaan sy inhoudhersieningsbeleid op Facebook en Instagram aanpas en ontslae raak van feitekontroleurs. Hy gaan hulle vervang met gebruiker-ontwikkelde gemeenskapsnotas. Amerika se verkose president Donald Trump en sy Republikeinse bondgenote het Meta se beleid oor feitekontrolering gekritiseer en gesê dit sensor regse menings. Die maatskappy het wêreldwyd meer as drie-miljard gebruikers. Meta se uitvoerende hoof, Mark Zuckerberg, sê vryheid van spraak word só bevorder:
# Motorsport: Die 19-jarige Suid-Afrikaner, Saood Variawa, het skof drie van die Dakar-veldtydren tussen Bisha en Al Henakiyah in Saoedi-Arabië gewen. Variawa het die wenstreep met ʼn speling van 23 sekondes oorgesteek en die jongste wenner in die topmotor-kategorie van ʼn Dakar-skof geword. Nog ʼn Suid-Afrikaner, Henk Lategan wat die skof in die twaalfde plek voltooi het, is steeds die algehele voorloper, gevolg deur Katar se vyfmalige wenner Nasser Al-Attiyah en die Sweed, Mattias Ekstrom. Lategan sê hy het ʼn goeie wedren gehad:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-70-sent teen die dollar, 19-rand-36-sent teen die euro en 23-rand-36-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-991-dollar-10-sent. Die prys van goud is twee-duisend-648-dollar-45-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 77-dollar-17-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….