Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 6 Januarie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Fikile Mbalula sê die ANC is ongeskonde, onverskrokke en onderweg na vernuwing
# Die premier van Noordwes vra vir ‘n ondersoek nadat ‘n 16-jarige geboorte skenk aan haar tweede kind
# En, motorsport: Die Suid-Afrikaanse kampioene neem die voortou in Dakar-tydren
# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die party bly ongeskonde, onverskrokke en onderweg na vernuwing met die viering van sy 113de bestaansjaar. Die president van die party, Cyril Ramaphosa, sal op 8 Januarie op die Mandelapark-stadion in Khayelitsha, Wes-Kaap, die jaarlikse verklaring lewer wat die party se doelwitte vir die jaar uiteensit. Mbalula het aan die media gesê die geleentheid is ‘n oproep om aksie vir eenheid, vooruitgang en ‘n verbintenis tot ‘n verenigde en welvarende Suid-Afrika:
Intussen sê ANC-president Cyril Ramaphosa die SAKP was deur sy geskiedenis ‘n sleutel-steunpilaar vir die ANC. Ramaphosa het tydens die Joe Slovo-herdenking in Soweto, Gauteng, erkenning gegee aan die SAKP se sleutelrol in die versterking van die ANC tydens die apartheidstryd. Alhoewel daar onlangs spanning was en die SAKP besluit het om onafhanklik mee te ding in die verkiesing, het hy beklemtoon beide partye bly noodsaaklike bondgenote en moet saamwerk vir Suid-Afrika se toekoms:
# Die Premier van Noordwes, Lazarus Mokgosi, het ‘n beroep vir dringende optrede gedoen, nadat ‘n 16-jarige meisie op Nuwejaarsdag geboorte gegee het aan haar tweede kind. Dis twee jaar nadat sy haar eerste kind op 14 gehad het. Die meisie se eerste kind se pa was ‘n 15-jarige jarige seun en die tweede kind se pa is glo ‘n 35-jarige man. Mokgosi het owerhede versoek om die volwasse man te ondersoek en regstappe te doen teen diegene wat minderjariges uitbuit. Die jong ma, wat intussen die skool verlaat het, het haar swangerskap weggesteek.
# Mosambiek se opposisieleier, Venâncio Mondlane, sal na verwagting Donderdag uit selfopgelegde ballingskap terugkeer wat moontlik die spanning na die betwiste verkiesing kan aanwakker. Betogings sedert 21 Oktober het handelsroetes en energie-uitvoer ontwrig en die ekonomie laat steier. Mondlane het in ‘n aanlyn-aankondiging landsburgers genooi om hom in Maputo te verwelkom, met die belofte om opnuut protesaksies te lei. Hy beloof om betogings te verskerp, wat die politieke en ekonomiese krisis sal vererger. Hy kritiseer ook die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap vir sy trae ingryping.
# Motorsport: Die Suid-Afrikaanse tydrenkampioene, Henk Lategan en Brian Cummings, is nou die voorlopers in Dakar 2025. Die span van Made in SA Toyota Gazoo Hilux het ’n taktiese wedren voltooi om tweede in die tweede skof van 48 uur te eindig agter die plaaslike held, Yazeed Al-Rajhi en Timo Gottschalk, en voor die vyfmalige wenner van die Dakar, Nasser Al-Attiyah en die Fransman, Edouard Boulanger, se Dacia Sandrider. Hulle is nou op die algehele ranglys voor Al-Rajhi en Al-Attiyah.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-50-sent teen die dollar, 19-rand-26-sent teen die euro en 23-rand-20-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 99-duisend-465-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-644-dollar-10-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-74-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….