Nuus 09:00
BULLETIN 6 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# NEHAWU herdenk die 30ste herdenking van Joe Slovo se afsterwe
# Die polisie is op soek na rowers ná die moord op ‘n pa en dogter in Delft
# En SASSA-begunstigdes kan swart kaarte by geselekteerde kleinhandelwinkels kry
# NEHAWU sê hy gaan vandag saam met miljoene Suid-Afrikaners Joe Slovo, die gewese sekretaris-generaal van die SAKP, se dood herdenk. Nehawu-woordvoerder Lwazi Nkolonzi sê die vakbond sal altyd sy bydrae tot die vryheidstryd en toewyding aan die stryd vir sosialisme onthou:
# Die Wes-Kaapse polisie soek na verdagtes nadat ‘n pa en sy dogter Vrydagaand in hulle huis in Delft doodgeskiet is. Polisiewoordvoerder Wesley Twigg sê volgens berigte was die slagoffers tuis toe hulle skote buite hul huis gehoor het. Hy sê onbekende gewapende mans het die huis binnegaan, die man en vrou geskiet en daarna van die toneel gevlug:
# Begunstigdes van maatskaplike toelaes kan nou hul Goue Kaarte met Swart Kaarte van die Posbank vervang. Die bank het ‘n lys winkels in Gauteng en die Noord-, Wes- en Oos-Kaap hiervoor bekendgemaak. Dit sluit in Pick n Pay, Shoprite en Boxer-winkels waar begunstigdes hul nuwe kaarte kan afhaal deur hul ID te toon. Hoewel die goue kaarte steeds aanvaar word, vra die Posbank dat mense so gou moontlik na die swart kaart oorskakel. Die bank het onderneem om die lys winkels uit te brei vir groter toeganklikheid.
# Sokker: Amad Diallo het gister [Sondag] laat in die Anfield-wedstryd tussen die Premierliga-leiers en Manchester United met ʼn doel geslaag wat Liverpool se strewe na ʼn titel geknou het. Die wedstryd het gelykop geëindig met twee-elk. United het in die 52ste minuut voorgeloop toe Lisandro Martinez uit ʼn moeilike hoek ʼn doel geskop het. Cody Gakpo van Liverpool het sewe minute later sake gelykop gemaak voordat Mohamed Salah die gashere met ʼn strafskop ʼn voorsprong gegee het. Liverpool is steeds die voorloper met 46 punte ná 19 wedstryde. United het na die 13de plek opgeskuif met 23 punte.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-76X-sent teen die dollar, 19-rand-35-sent teen die euro en 23-rand-33-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 99-duisend-368-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-635-dollar-32-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 76-dollar-6-sent per vat.
# En ter afsluiting, ‘n Spaanse toeris in Thailand is dood toe ʼn olifant wat sy gewas het haar aangeval het. Die 22-jarige student, Blanca Ojanguren Garcia, en haar kêrel het die Yao Yai-eiland in die suidweste van Thailand besoek toe die aanval plaasgevind het. ʼn Werker by die Koh Yao-sorgsentrum vir olifante sê die paartjie het een van die olifante gewas toe Garcia voor hom verbyloop en hy haar met sy slagtand deurboor. Kenners reken die olifant was moontlik gespanne weens die druk van interaksie met toeriste.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….