Nuus 09:00
BULLETIN 3 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Departement van Gesondheid teken een-duisend-448 geboortes aan op die eerste dag van die jaar
# Die Man wat in ‘n Tesla in Las Vegas sterf, is vóór die ontploffing geskiet
# En veerpyltjies: Luke Littler bespreek sy plek teen Michael van Gerwen in die eindronde van die Wêreld-veerpyltjiekampioenskap
Die Departement van Gesondheid het altesaam een-duisend-448 geboortes op die eerste dag van die nuwe jaar by openbare gesondheidsgeriewe in die land aangeteken. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale sê hy doen ‘n beroep op alle sektore van die samelewing, veral gesinne, om met die regering en nie-regeringsorganisasies saam te werk teen die plaag van tienerswangerskappe:
Die Activists and Citizens Forum sê intussen die ANC-regering moet volle aanspreeklikheid aanvaar vir die hoë voorkoms van kinderswangerskappe en wetteloosheid in die land. Dennis Bloem van die forum sê almal is bekommerd oor die aantal kinders wat teen ‘n kommerwekkende tempo geboorte skenk. Hy sê ouers kry altyd die skuld:
# Die Appèlhof sal volgende maand die staat se aansoek aanhoor om weer beheer te verkry oor die bankrekeninge van 100-miljoen-rand van die bedrogbeskuldigde diamanthandelaar, Louis Liebenberg. Die rekeninge van Liebenberg en sy maatskappy, Tariomix, is in 2021 bevries nadat ‘n bewaringsbevel verkry is sonder vooraf kennisgewing aan Liebenberg. Die Gautengse Hooggeregshof het die bewaringsbevel in 2022 omgekeer nadat bevind is daar is geen bewyse vir die staat se saak nie. Liebenberg word aangekla van bedrog, diefstal en die bestuur van ‘n Ponzi-skema waarby 4,5-miljard-rand betrokke is. Hy is in aanhouding terwyl die omstrede regstryd voortduur.
# FBI-personeel en polisiebeamptes van Las Vegas het besonderhede uitgereik oor die ontploffing in ‘n Tesla Cybertruck buite Donald Trump se hotel op Nuwejaarsdag. Die identiteit van die bestuurder is nog nie bevestig nie, maar volgens aanduidings was hy Matthew Livelsberger van Colorado Springs in Colorado. Hy het hom skynbaar self in die kop geskiet voordat die voertuig in vlamme uitgebars het. Livelsberger was ‘n weermagoffisier en lid van die Green Berets. Hy was steeds in diens en was met goedgekeurde verlof tydens die ontploffing.
Veerpyltjies: Luke Littler het Stephen Bunting uitgeskakel en sy plek in die eindronde van die Wêreldveerpyltjiekampioenskap bespreek. Die 17-jarige Littler was die gunsteling om vir die tweede jaar in die eindronde te speel en het die 39-jarige Bunting in Alexandra Palace in Londen met ses potte teen een geklop. Hy kom vanaand teen die driemalige kampioen Michael van Gerwen te staan. Indien hy wen, kan Littler die jongste veerpyltjiekampioen ooit word. Hy het na die halfeindstryd aan Sky Sports gesê hy beleef ‘n fantastiese toernooi.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-70-sent teen die dollar, 19-rand-21-sent teen die euro en 23-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-587-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-660-dollar-19-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 75-dollar-92-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….