Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 31 Desember 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Spesiale Ondersoekeenheid ontbloot korrupsie in die Vrystaat se internasionale beursskema
# ‘n VN-verslag sê hospitale in die Gazastrook is op die rand van ineenstorting
# En, sokker: Gareth Southgate word tot ridder geslaan in Brittanje se Nuwejaar-eerbewyse
# Die Spesiale Ondersoekeenheid stel ondersoek in na die Vrystaat se omstrede internasionale beursprogram. Die program, wat minderbevoorregte studente moes ondersteun, het later deurgeloop onder kritiek omdat begunstigdes gesukkel het om werk te kry met hul internasionale kwalifikasies. Die ondersoek het tot dusver wanbestuur en korrupsie aan die lig gebring. Die provinsiale regering se woordvoerder, Matshediso Setai, het aan SABC Nuus gesê die program het die regering reeds 3,9-miljard-rand gekos:
# Die adjunkminisgter van Polisie, Polly Boshielo, het ouers en gemeenskappe aangemoedig om seksuele uitbuitingsake by die polisie aan te meld. Sy het gepraat tydens ‘n besoek aan die Landdroshof in Seshego in Limpopo waar sy die verskyning bygewoon het van ‘n 28-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n 13-jarige meisie swanger gemaak het. Boshielo het die belangrikheid beklemtoon van die beskerming van kinders en dat oortreders aanspreeklik gehou moet word:
# ’n Verslag van die Verenigde Nasies sê Israelse aanvalle op en naby hospitale in die Gazastrook het gesondheidsorg in die Palestynse gebied tot op die rand van ineenstorting gedryf. Die VN se Menseregtekantoor sê Israel se patroon van dodelike aanvalle op en naby hospitale asook gepaardgaande gevegte beteken die gesondheidsorgstelsel is nou baie na aan algehele ineenstorting, met rampspoedige gevolge vir Palestyne se toegang tot gesondheid- en mediese sorg. Die VN se hoof van Menseregte, Volker Turk, sê hospitale in die gebied het in ‘n dodelike lokval ontaard.
# Sokker: Engeland se gewese hoofafrigter, Gareth Southgate, is in Brittanje se Nuwejaar-eerbewyse tot ridder geslaan nadat hy grootliks welslae behaal het van 2016 tot vanjaar. Die 54-jarige het Engeland tot twee agtereenvolgende eindstryde van die Europese Kampioenskap gevoer, maar die span het in 2021 met strafdoele teen Italië verloor en het die skouspel vanjaar teen Spanje verloor. Southgate is die vierde gewese Engelse afrigter wat tot ridder geslaan word na Alf Ramsey, wat Engeland in 1966 tot Wêreldbeker-glorie gelei het, Walter Winterbottom en Bobby Robson.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-86-sent teen die dollar, 19-rand-62-sent teen die euro en 23-rand-64-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 94-duisend-406-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-609-dollar-98-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-50-sent per vat.
# En ten slotte: Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta het wyle professor Sibusiso Bengu as ‘n baanbreker in Suid-Afrika se onderwysstelsel beskryf. Die land se eerste minister van Onderwys ná 1994 se verkiesing, het gisteraand vreedsaam in sy slaap gesterf. Hy was 90. Bengu word geloof vir sy rol in die ontbinding van apartheidsera-beleid en die vorming van ‘n inklusiewe, gelyke onderwysstelsel. Makaneta het Bengu se visie en toewyding geprys, asook die uitwerking wat hy oor die jare op mense gehad het:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….