Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 31 Desember 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Johannesburg se polisie gaan drankafsetpunte in die stadskern dwing om vanaand 6-uur te sluit
# Krieket: Australië hou duimvas oor Mitchell Starc se fiksheid
# En die wêreld se voorste speler sluit weer by die skaakkampioenskap aan nadat ‘n geskil oor sy kleredrag bygelê is
# Die Johannesburgse polisie het opdrag gegee dat drankwinkels en vermaaklikheidsplekke in die stadskern teen ses-uur vanaand moet sluit. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, Mgcini Tshwaku, sê daar gaan tydens die Nuwejaarsvieringe veral aandag gegee word aan openbare veiligheid, die vermindering van misdaad en drink en bestuur. Hy het aan Newzroom Afrika gesê Suid-Afrikaners moet verantwoordelik feesvier om ‘n veilige oorgang na 2025 te verseker:
Kaapstad se wetstoepassingsdepartemente het intussen sedert die eerste Desember beslag gelê op vierduisend-730 bottels drank op strande, in parke en in ander openbare plekke . Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê sommige besoekers versteek selfs hulle drankies in munisipale vullisdromme en bedek dit met sand om dit koel te hou:
# Amptenare was na Sondag se rampspoedige vliegongeluk in Suid-Korea genoop om meer as 100 dergelike Boeing-modelle te ondersoek wat op lughawens reg oor die land bedrywig is. Jeju Air se Vlug 2216 was besig om op Muan Internasionale Lughawe te land toe die vliegtuig van die aanloopbaan gejaag en teen ‘n skermmuur gebots het. Die vlug het 179 mense vervoer en slegs twee vlugkelners – ’n man en ‘n vrou – het oorleef. Amptenare identifiseer steeds die slagoffers en die oorskot van vier word vandag na hulle onderskeie families vervoer vir hul begrafnisse.
# Krieket: Australië se hoofafrigter, Andrew McDonald, gee toe Mitchell Marsh was nie op sy stukke met die kolf teen Indië nie, maar glo steeds Mitchell Starc kan beskikbaar wees vir die allerbelangrike vyfde toets wat Vrydag in Sydney begin. Starc se seer ribbes het hom vanaf die derde dag van die vierde toets opgekeil, maar hy het nogtans vir Virat Kohli uitgehaal. Indien hy nie in die beslissende toets op sy tuisveld kan speel nie, is McDonald oortuig Jhye Richardson of Sean Abbott sal sy skoene kan volstaan.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-77-sent teen die dollar, 19-rand-53-sent teen die euro en 23-rand-54-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 93-duisend-546-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-614-dollar-70-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-38-sent per vat.
# En ten slotte: Die wêreld se nommer een-skaakspeler, Magnus Carlsen, sê hy sal terugkeer na ‘n groot kompetisie nadat die sport se beheerliggaam ingestem het om sy kleredragkode te verslap. Carlsen het Vrydag uitgestap uit ‘n kompetisie in New York waar hy sy titel verdedig het, toe hy aangesê is hy mag nie in jeans speel nie. Die Internasionale Skaakfederasie het voorheen gesê sy kleredragregulasies is ontwerp om regverdigheid en professionalisme onder alle deelnemers te verseker.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….