Nuus 11:00
BULLETIN 31 Desember 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die WKOD verwelkom die hofbeslissing oor die aansoek teen die besnoeiing van onderwysposte
# Sassa bevestig die oorblywende datums vir die uitbetaling van die maatskaplike noodtoelae
# En, sokker: AC Milan het weer ‘n nuwe hoofafrigter na net ses maande
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement verwelkom die hofbeslissing wat die aansoek van die rol geskrap het om twee-duisend-407 onderwysposte te sny. Die aansoek is op die nippertjie deur die Spesiale Aksiekomitee vir Onderwys ingedien nadat die departement die besnoeiings in Augustus aangekondig het, na aanleiding van ‘n begrotingstekort van 3,8-miljard-rand. Die WKOD se woordvoerder, Bronagh Hammond, sê die aansoek was van die begin af sonder meriete:
# Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap het die oorblywende betaaldatums bevestig vir die noodverligtingstoelae, wat op 31 Maart eindig. Betalings is geskeduleer vir 25 to 31 Januarie, 22 tot 28 Februarie, en 24 tot 29 Maart. Volgens Paleka Letsatsi van die agentskap hoef bevoordeeldes nie weer in 2025 aansoek te doen as hulle vroeër goedgekeur is nie. Die toelae is in Mei 2020 ingestel om werklose Suid-Afrikaners, vlugtelinge en asielsoekers te steun. Ontvangers kan betalings kry deur bankdeposito’s, Cash Send of kleinhandelaars.
# Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, bepleit ‘n veiliger wêreld in 2025. Hy het nasies in sy Nuwejaarsboodskap aangemoedig om te verenig vir ‘n vreedsame toekoms. Hy het klem gelê op die voortdurende pyn van oorloë en beklemtoon hoe belangrik dit is om vrede deur ontwapening te bou. Guterres het sy ondersteuning beloof aan diegene wat daaraan werk om ‘n vreedsame, gelyke en bestendige wêreld te bereik:
# Sokker: AC Milan het weer ‘n nuwe hoofafrigter na net ses maande. Dit volg nadat die Portugees Paulo Fonseca gister afgedank is. Die Italiaanse span is tans agste in die Serie A-kompetisie nadat hy slegs twee van sy laaste sewe wedstryde kon wen. Fonseca het Stefano Pioli in Junie vervang nadat die Italianer AC in 2022 tot sy enigste liga-titel gelei het. Die span het in sy laaste seisoen tweede geëindig na Inter Milan. Porto se gewese breier, Sergio Conceicao, vervang Fonseca tot 30 Junie 2026.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-76-sent teen die dollar, 19-rand-53-sent teen die euro en 23-rand-55-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 92-duisend-732-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-607-dollar-52-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 74-dollar-47-sent.
# En ten slotte: Lewensredding SA maan strandgangers in KwaZulu-Natal oor springgety wat vandag begin, wat hoër hooggetye, laer laagwater en sterker trekstrome meebring. Die president van die organisasie, Dhaya Sewduth, sê hierdie toestande is gevaarlik, veral vir onervare swemmers. Sewduth raai swemmers aan om veiligheid voorop te stel. Hy benadruk strande word gemonitor deur menseredders of munisipale menseredders, wat veilige sones bepaal het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….