Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 30 Desember 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA in die Wes-Kaap lê ‘n klagte van crimen injuria teen ‘n handelsmerkbestuurder van die SABC
# Die saak teen ‘n man van Limpopo wat van statutêre verkragting aangekla word, word uitgestel tot Januarie
# En kommer oor die bedreigings vir die ikoniese kremetartbome in Afrika
# Die DA in die Wes-Kaap het ‘n klagte van crimen injuria teen ‘n handelsmerkbestuurder van die SABC, Nobuntu Mkhize, aanhangig gemaak nadat sy na bewering rassistiese uitlatings teen die bruin gemeenskap gemaak het terwyl sy op ‘n FlySafair-vlug was. Die Wes-Kaapse leier van die DA, Tertuis Simmers, is saam met die lugwaardin na die polisiekantoor in Bishop Lavis, Kaapstad. Volgens Simmers het die polisie ʼn saak van aanranding geopen nadat hulle na haar weergawe geluister het. Hy sê die party staan bankvas agter die vrou en elke ander persoon wat deur rassisme geraak word.
# ’n Agt-entwintigjarige man wat van statutêre verkragting aangekla word, sal weer op 8 Januarie in die Landdroshof op Seshego in Limpopo verskyn om aansoek te doen om borgtog. Ditebogo Frans Gololo word daarvan aangekla dat hy ‘n 13-jarige meisie in die Seshego-township swanger gemaak het. Sy het verlede week geboorte geskenk. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mashudu Malabi-Dzhangi, sê die saak word verder ondersoek:
# Die landbou-organisasie TLU SA sê die huidige omstandighede in Mosambiek is tot nadeel van die hele streek en sal onafwendbaar lei tot verslegtende maatskaplik-ekonomiese toestande. Woordvoerder Bennie van Zyl sê die hawe van Maputo het met verloop van tyd ontwikkel tot die doeltreffendste uitvoerkern vir Suid-Afrikaanse landbouprodukte. Hy sê met die huidige onrus is hierdie voordeel tot niet en hulle kan maar net hoop bestendigheid word vinnig herstel:
# Tennis: Die verdedigende kampioen, Grigor Dimitrov van Bulgarye, het die Duitse kwalifiseerder Yannick Hanfmann 7-6, 6-3 geklop om deur te dring na die tweede ronde van die Brisbane-internasionale toernooi. Die tweede gekeurde het reeds twee keer hier gewen en in 2013 in die eindstryd gespeel. Die Tsjeg Jiri Lehecka het verras met ‘n oorwinning van 7-5, 6-3 oor die derde-gekeurde Noorweër, Holger Rune. Die agste-gekeurde Australiër Jordan Thompson het vroeër ʼn agterstand van een stel uitgewis om die voormalige wêreld nommer ses, Matteo Berrettini van Italië, te klop.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-76-sent teen die dollar, 19-rand-61-sent teen die euro en 23-rand-63-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 93-duisend-926-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-616-dollar-68-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 73-dollar-91-sent per vat.
# En ten slotte: Kenia se Nasionale Museum is bekommerd oor bedreigings vir kremetartbome in Afrika. Dit sluit in die wêreldwye vraag na kremetartvrugte, klimaatsverandering en industrialisasie. Talle kremetartbome is in 2022 in ‘n omstrede stap in Kenia uitgehaal en na Georgië uitgevoer. ‘n Etno-botanis, Patrick Maundu, het aan SABC Nuus gesê hy is besorg oor duisende kremetarte en inheemse bome wat vir ‘n beplande ontwikkeling in Limpopo uitgehaal gaan word:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….