Nuus 09:00
BULLETIN 29 Desember 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die SABC veroordeel die gedrag van sy werknemer op ‘n FlySafair-vlug
# ‘n Kenner sê Suid-Afrika moet versigtig oorweeg wat hy wil bereik met sy volksmoordsaak teen Israel
# En rugby: Die Stormers klim van 13de tot negende op die VRK-punteleer na ‘n opwindende oorwinning oor die Haaie
# ‘n Vrou wat chaos veroorsaak het op ‘n FlySafair-vlug van Durban na Kaapstad is uitgeken as ‘n werknemer van die SABC. Die openbare uitsaaier het die inligting bevestig en haar optrede veroordeel. In videos op sosiale media kan gehoor word hoe die klaarblyklike dronk vrou rassisitese opmerkings maak nadat die vlugpersoneel geweier het om haar nog ‘n drankie te gee. Sy dreig ook dat hulle afgedank en die voorval op die SABC se nuuskanale uitgesaai sal word. Sy is verbied om ooit weer op FlySafair te vlieg.
# Die ANC-Vroueliga sê die nuut-bekragtigde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette versag in werklikheid die toekomstige vooruitsigte van jong meisies wat swanger geraak het tydens hulle skooljare en verseker dié probleem bepaal nie hulle maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling nie. Woordvoerder Boitumelo Moiloa sê die departement moet voorkeur gee aan die instelling van volledige seksvoorligtings-programme in skole:
# Suid-Afrika het reeds meer as 95-miljoen rand bestee aan sy volksmoordsaak teen Israel in die Internasionale Geregshof, en ‘n internasionale regskenner waarsku die land sal mooi moet dink wat hy volgende jaar daarmee wil bereik. ‘n Dosent aan die Universiteit Stellenbosch, Michele Olivier, sê die regering het ‘n interne benadering aangeneem met die gebruik van regstappe om wat in werklikheid ‘n politieke geskil is op te los. Sy glo nie die hof sal ten gunste van volksmoord beslis nie, hoewel daar besliste voorbeelde van oorlogsmisdade aan albei kante is.
# Rugby: Die Stormers het van 13de tot negende plek op die Verenigde Rugbykampioenskaps-punteleer opgeskuif toe hulle die Haaie 24-20 verslaan het in ‘n opwindende kragmeting op ‘n volgepakte Kaapstad-stadion. Die twee spanne het beurte gemaak om voor te loop en die besoekers kon gedink het hulle gaan wen toe hulle kort voor die einde 20-17 voor was. Die Springboklosskakel Manie Libbok het egter op die nippertjie ‘n briljante drie vir die gashere gedruk wat hy self verdoel het, en die Stormers het vasgebyt om die oorwinning te verseël.
# En, die Stad Kaapstad se Identikidz-program het gesorg dat 25-duisend-770 kinders oor die afgelope twee openbare vakansiedae uitken-armbandjies kry, met 169 verlore kinders wat met hulle geliefdes herenig is. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê die besigste strande oor Kersfees en Welwillendheidsdag was Strandfontein, Strand en Monwabisi:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….