Nuus 14:00
BULLETIN 27 Desember 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Vrystaat ontplooi ‘n distriksrampspan na oorstromings in dele van die provinsie
# Die onrus in Mosambiek tref die toerismebedryf in Suid-Afrika
# En, krieket: Indië is in die moeilikheid na Dag Twee van die vierde toets teen Australië in Melbourne
# Die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake het die Distriksrampbestuurspan ontplooi nadat gure weer oorstromings in dele van die provinsie veroorsaak het. Die woordvoerder van die departement, Zimasa Mbewu, sê inwoners word aangeraai om veiligheidsmaatreëls te tref omdat die weerstoestande menselewens in gevaar stel:
# Cosatu sê dit is van kritieke belangrik dat die regering en sake-ondernemings handel en belegging uitbrei met ander groot handelsvennote soos die Europese Unie, China, Japan, Indië, Brasilië en, die heel belangrikste, Afrika. Matthew Parks van Cosatu sê sulke pogings moet Suid-Afrika se BRICS-vennote insluit en onderhandelings om ‘n Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied te stig. Hy sê met ‘n werkloosheidskoers van 41,9-persent moet Suid-Afrika aggressief belê in alle nywerheids- en ekonomiese ontwikkeling- en uitvoergeleenthede:
# Suid-Afrikaanse reisagentskappe ondervind aansienlike ontwrigtings weens die voortdurende politieke onrus in Mosambiek. Chaos het uitgebreek nadat die Grondwetlike Raad die betwiste verkiesingsuitslae gehandhaaf en dit gelei het tot geweld waarin meer as 100 mense gesterf het. Reisagente ondervind kansellasies en finansiële verliese omdat die roetes na Mosambiek as onveilig beskou word. Mpumalanga se Toerisme- en Parke-agentskap is bekommerd oor die uitwerking op die Drieland-roete wat Suid-Afrika, Eswatini en Mosambiek verbind. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking vra steeds gesprekke om bestendigheid in Mosambiek te herstel.
# Die moontlikheid word ondersoek dat ‘n kragkabel onder die Baltiese See tussen Finland en Estland gesaboteer is nadat dit op Kersdag ophou werk het. Die owerhede in beide lande ondersoek of ‘n ongeïdentifiseerde buitelandse skip dalk betrokke was. Dit is die jongste in ‘n reeks voorvalle in die streek waarin ondersese kabels blykbaar beskadig is. Die Finse polisie, in samewerking met die Grenswag en ander owerhede, ondersoek die voorval.
# Krieket: Australië is in die moeilikheid na die tweede dag van die vierde toets teen Australië in Melbourne. Die besoekers staan op 164 vir vyf, ‘n eerstebeurt-agterstand van 310 lopies na die gasheer se 474. Steve Smith het Australië se beurt geanker met 140, terwyl Usman Khawaja 72 bygedra het, die nuweling Sam Konstas 60 en kaptein Pat Cummins 49. Jasprit Bumrah het vier paaltjies geneem. Yashasvi Jaiswal het daarna 82 vir Indië aangeteken voor hy uitgeloop is tydens ‘n misverstand met Virat Kohli. Cummins en Scott Boland het albei twee paaltjies geneem.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-75-sent teen die dollar, 19-rand-52-sent teen die euro en 23-rand-46-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-111. Die prys van goud is twee-duisend-625-dollar-12-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 73-dollar-9-sent.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….