Nuus 13:00
BULLETIN 27 Desember 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ATM vra opbouende dialoog tussen alle politieke belanghebbers in Mosambiek
# COSATU verwelkom die uitbreiding van AGOA-voordele vir Suid-Afrikaanse uitvoere
# En, tennis: Simona Halep onttrek aan die Australiese Ope weens beserings
# Die ATM vra onmiddellike en opbouende dialoog tussen alle politieke belanghebbers in Mosambiek om die verkiesingsgeskille op te los. Woordvoerder Zama Ntshona sê dit is lewensbelangrik vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap om aktief betrokke te raak by bemiddelling in die konflik om vrede en bestendigheid te bevorder. Hy sê die moontlike gevolge van die uitgerekte onrus, wat vermeerderde immigrasiedruk en oorgrens-misdaad insluit, moet ernstig opgeneem word:
# Dit is onwaarskynlik dat Suid-Afrika teen Junie volgende jaar van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys verwyder sal word, maar indien die vordering voortduur, is Oktober ‘n meer haalbare teiken. Ontleders sê hoewel die land aansienlike vordering gemaak het met verskeie vereistes, is kwessies soos die identifisering van inligting oor voordelige eienaarskap en die vervolging van ingewikkelde finansiële misdade steeds uitdagings. News24 berig dis van kardinale belang om vinnig verwyder te word en beleggings te lok, veral omdat regstreekse buitelandse beleggings geraak word weens kommer oor nakoming.
# Cosatu verwelkom die Amerikaanse administrasie se uitbreiding van voordele in die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika vir Suid-Afrikaanse uitvoere. Matthew Parks van Cosatu sê die federasie verwelkom ook die Amerikaanse Kongres se beëindiging van ‘n wetsontwerp wat daarop gemik is om betrekkinge tussen die VSA en Suid-Afrika, insluitend sy lidmaatskap van AGOA, te hersien en moontlik af te gradeer. Hy sê dit bied sekerheid aan belangrike Suid-Afrikaanse uitvoerbedrywe en bemoedig die betrokke werkers:
New York se goewerneur, Kathy Hochul, het intussen die Wet op Klimaatsverandering-superfonds bekragtig, wat vereis dat die groot fossielbrandstofondernemings fooie betaal om die Amerikaanse staat te help met die bekamping van klimaatsverandering. Die wet sal ondernemings wat verantwoordelik is vir aansienlike kweekhuisgasuitsralings opdrag gee om by te dra tot die fonds. Die bydraes sal na infrastruktuurprojekte gerig word om skade as gevolg van uiterste weerstoestande te herstel of te voorkom. Die projekte sluit ook die herstel van kusvleilande en opgraderings aan paaie, brûe en dreineringstelsels in.
# Tennis: Die voormalige wêreld nommer een, Simona Halep van Roemenië, het onttrek aan volgende maand se Australiese Ope, sowel as ‘n opwarmingstoernooi in Auckland, Nieu-Seeland. Sy wou weer op koers kom na ‘n skorsing vir die gebruik van ‘n verbode middel. Dit het haar posisie op die wêreldranglys skerp laat daal en sy was ‘n promotorskeuse vir die jaar se eerste Grand Slam-toernooi in Melbourne. Die 33-jarige Halep sukkel met knie- en skouerprobleme. Sy en haar span het besluit dis beter om die begin van haar seisoen uit te stel.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-78-sent teen die dollar, 19-rand-55-sent teen die euro en 23-rand-47-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-775. Die prys van goud is twee-duisend-625-dollar-49-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 72-dollar-98-sent.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….