Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 24 Desember 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Mashatile bestempel 2024 se werkloosheid, ongelykheid en ekonomiese toestande as uitdagings
# Die polisie bevry ‘n ontvoerde Pakistanse sakeman in Sebokeng
# En, tennis: Australië se dubbelspel-kampioen word voorlopig geskors oor verbode middels
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê 2024 was ‘n onstuimige jaar vir baie Suid-Afrikaners omdat miljoene mense steeds werkloos is, ondanks die derde kwartaal se kwartaallikse arbeidsmagopname waarin ‘n daling in werkloosheid aangeteken is. Mashatile sê Suid-Afrika bly een van die wêreld se ongelykste samelewing. Hy sê die regering bevorder dus inklusiewe ekonomiese groei en brei maatskaplike hulppakkete uit, wat gratis basiese dienste en toelaes vir kwesbare gemeenskappe insluit:
# Die polisie in Gauteng het ‘n ontvoerde Pakistanse sakeman in Sebokeng bevry. Drie mans het die slagoffer twee maande gelede in Lenasia ontvoer en ‘n losprys geëis. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê speurders het die slagoffer ná ‘n omvattende ondersoek gevind:
# Groenland het die aangewese Amerikaanse president, Donald Trump, ingelig dat die eiland nie te koop is nie. Trump het tydens sy aanwysing van ‘n gewese gesant in Swede, Ken Howery, as Amerika se nuwe ambassadeur in Kopenhagen gesê hy wil beheer oorneem. Eerste minister Mute Egede sê egter Groenland sal nooit sy lang stryd vir vryheid opgee nie. Trump het ook gedreig om Amerika se beheer oor die Panama-kanaal te herbevestig en Panama daarvan beskuldig dat hy uitermatig hoë tariewe hef vir die gebruik van die deurgang.
# Tennis: Die Australiese ster-speler Max Purcell is voorlopige geskors vir die gebruik van verbode middels nadat hy skuld erken het aan oortreding van regulasies. Die 26-jarige is ‘n tweemalige Grand Slam-dubbelskampioen na sy oorwinning op Wimbledon saam met sy landgenoot Matt Ebden in 2022 en die Amerikaanse Ope saam met die Amerikaner Jordan Thompson vanjaar. Die skorsing beteken Purcell sal nie volgende maand aan die Australiese Ope kan deelneem nie. Tennis Australië sê die oortreding hou verband met ‘n verbode metode eerder as ‘n verbode middel.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-57-sent teen die dollar, 19-rand-30-sent teen die euro en 23-rand-27-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 93-duisend-875-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-614-dollar-85-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-81-sent per vat.
# En ten slotte: Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christenforum dra hartlike groete en beste wense oor aan alle Christene wat Kersfees vier. Die president van die forum, Marothi Mashashane, sê hierdie spesiale geleentheid het ‘n diepgaande hartsbetekenis terwyl Suid-Afrikaners oor die lewe en leerstellings van Jesus Christus nadink. Hy vra elke lid van die gemeenskap om hande te vat en mildelik by te dra om die lyding van hul bure te verlig:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….