Nuus 08:00
BULLETIN 23 Desember 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Solidariteit dreig met regsoptrede indien die Bela-wet in die Staatskoerant verskyn sonder behoorlike regulasies vir artikels 4 en 5
# Bykomende veiligheidsmaatreëls word ingestel om die Landdroshof in Bishop Lavis te beveilig
# En, Krieket: Pakistan maak skoonskip in die eendagreeks na oorwinning oor Proteas in 3de wedstryd
# Die drukgroep Solidariteit het president Cyril Ramaphosa se kommentaar op die Wysigingswet op die Basiese Onderwyswette as vaag gekritiseer. Werner Human van Solidariteit het op eNCA gepraat en die behoefte beklemtoon vir samewerkende bestuur in skole, waarby beide die leerderrade en die Onderwysdepartement betrokke is. Solidariteit dring aan die norme en standaarde vir artikels 4 en 5 moet ingestel word voor dit in die Staatskoerant verskyn, of regsoptrede sal volg:
# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi beskuldig die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza van die vertraging van die onttrekking van die Wetsontwerp op die SABC. Volgens die Citizen beweer Malatsi, Didiza se optrede verbreek parlementêre reëls. Die omstrede wetsontwerp, wat gekritiseer word omdat dit nie die SABC se befondsingskwessies aanspreek nie en ministeriële beheer verhoog, is formeel in November onttrek. Didiza hou egter vol die onttrekking het die goedkeuring nodig van die portefeuljekomitee, wat ‘n tweestryd ontketen het. Die voorsitter van die komitee, Khusela Diko veroordeel Malatsi se optrede as ongemagtig en ongrondwetlik.
# Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling sê bykomende veiligheidsmaatreëls is ingestel om die Landdroshof in Bishop Lavis in Kaapstad te beveilig. Betogers het Saterdagaand die veiligheidshek van die hof bestorm, die vensters stukkend geslaan en die voorste ingang aan die brand gesteek. Die groep wou vermoedelik wraak neem nadat ‘n bendeleier in polisie-aanhouding dood is. Die departement sê stelsels word ingestel om te verseker die hof se bedrywighede gaan voort.
# Die Verenigde Nasies se hulp- en werkagentskap vir Palestynse vlugtelinge in die Nabye Ooste sê gesinne in die suidelike stad, Khan Younis in Gaza, krap in asblikke rond op soek na kos om te eet. Daar is daagliks meer as een-duisend ton opgehoopte vullis, wat versprei tot in ontwortelde Palestyne se tente en skuilings. Unrwa se woordvoerder, Louise Wateridge, sê verlede maand het die agentskap bygedra tot meer as 60-persent van die algehele hoeveelheid rommel wat ingesamel is, maar dit is nie naastenby genoeg nie:
# Krieket: Pakistan het Suid-Afrika in die derde en laaste eendagwedstryd op die Wanderers in Johannesburg met 36 lopies getroef volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode en daarmee skoonskip gemaak in die reeks. Die wedstryd is vir albei spanne tot 47 boulbeurte verkort weens reën. Die 22-jarige Saim Ayub het 101 van 94 balle bygedra vir Pakistan se wentotaal van 308 vir nege. Die Proteas is vir 271 uitgeboul, ten spyte van 81 lopies deur Heinrich Klaasen. Die Protea-kaptein, Themba Bavuma, sê die reeks was teleurstellend:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-28-sent teen die dollar, 19-rand-9-sent teen die euro en 22-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-en-6dollar. Die prys van goud is twee-duisend-625X-dollar-54-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-92-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….