Nuus 7:00
BULLETIN 23 Desember 7 vm
Goeiemôre Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA maan teen die misbruik van die Bela-wet
# Johannesburg Water sê sommige gebiede kan onderbroke tot geen watertoevoer ervaar
# En Gholf: John Parry van Engeland wen die Mauritius Ope, twee houe voor ‘n SA duo
# Die DA verwelkom die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, se onderneming om die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette in te stel met duidelike norme en standaarde, wat verseker moedertaalonderwys word behou. Die woordvoerder van die DA, Willie Aucamp waarsku egter teen die gebruik van die wet om Afrikaans-enkelmedium skole te ondermyn. Hy kritiseer faksies van die ANC wat druk uitoefen vir Engelse onderrig in dié skole, terwyl inheemse tale verwaarloos word:
Intussen is die onderwysaktivis Hendrick Makaneta bekommerd oor teenstydige boodskappe oor die instelling van die BELA-wet. Minister Gwarube het ‘n gestruktureerde nasionale plan uiteengesit, tot in Junie 2025, terwyl die LUR vir Onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, onmiddellike provinsiale instelling aangekondig het. Makaneta maan dié teenstrydighede kan openbare vertroue ondermyn. Hy vra duidelike kommunikasie om konsekwentheid te verseker:
# Johannesburg Water sê sommige metrogebiede kan onderbroke tot geen watervoorsiening ervaar, aangesien hul stelsels steeds herstel ná die Rand Water-instandhouding. Rand Water het onlangs ‘n beplande opgradering van plaaslike pompstasies gedoen, wat gelei het tot ‘n 86-uur-onderbreking. Johannesburg Water sê die Orange Farm-, Ennerdale- en Lawley-reservoirs is tans laag. Hy sê om hierdie probleem te hanteer, word daaglikse ingrypings gedoen, insluitend die sluiting van die uitlate snags om kapasiteit te verhoog.
# Streng optrede teen onwettige kinderhuwelike in die noordooste van Indië het gelei tot byna vyf-duisend arrestasies, nadat 416 mense aangehou is in die jongste klopjag deur die polisie. Die hoofminister van die Assam-staat, Himanta Biswa Sarma, sê hulle sal steeds sterk optree om dié maatskaplike euwel uit te roei. Indië is volgens die Verenigde Nasies die tuiste van meer as 220-miljoen kinderbruide, maar die aantal kinderhuwelike het hierdie eeu dramaties afgeneem.
# Gholf: John Parry van Engeland het die Mauritius Ope gewen, en daarmee sy eerste DP World-toertitel in 14 jaar. Die 38-jarige het sy laaste ronde agt-onder op 64 voltooi vir ‘n oorwinning van twee houe oor die Suid-Afrikaners Christo Lamprecht en Dylan Naidoo, gesamentlik tweede. Parry se vorige oorwinning in Europa was die Vivendi-beker in 2010 en vanjaar het hy oorwinnings behaal in die Uitdaagtoernooi. Hy erken hy wou ophou gholf speel:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen-18-rand-28-sent teen die dollar, 19-rand-9-sent teen die euro en 23-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-25-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-623-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-84-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….