Nuus 11:00
BULLETIN 21 Desember 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Swaar reënval word oor die oostelike dele van Suid-Afrika verwag
# RISE Mzansi verwelkom die instelling van die BELA-wet
# En, rugby: Daar is talle plaaslike derbies in die Verenigde Rugbykampioenskap
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen swaar reënval volgende week oor die oostelike dele van die land. ’n Geel vlak twee waarskuwing vir hewige donderstorms is uitgereik vir KwaZulu-Natal, Gauteng, Mpumalanga en Limpopo. Die storms kan met hael, skadelike wind, weerlig en swaar reënbuie gepaardgaan, met die moontlikheid van oorstromings en skade aan infrastruktuur, voertuie en lewende hawe. Voorspeller Lehlohonolo Thobela het Inwoners versoek om bedag te bly aangesien reënval na verwagting oor die naweek sal toeneem:
# RISE Mzansi steun die volle instelling van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette. Mabine Seabe van RISE Mzansi beklemtoon die wet se potensiaal om universele toegang tot onderwys te bevorder. Seabe moedig ook die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube aan om befondsing en riglyne vir Graad R voorop te stel. Hy onderstreep ook die fokus op gelykheid en die bevordering van veeltaligheid tot voordeel van alle Suid-Afrikaners:
# Die Amerikaanse Kongres het ‘n Kersfees-regeringsafsluiting afgeweer na weke se gespanne onderhandelings wat tot op die nippertjie gedryf is voordat ‘n wetsontwerp deurgevoer is om federale agentstappe tot die middel van Maart te befonds. Die middernagtelike spertyd was reeds verby toe senators afgewyk het van normale prosedure om die pakket vinnig tot ‘n stemming te bring. Dit het voorbereidings vir ‘n regeringsafsluiting beëindig en Kersfees gered vir meer as 800-duisend werkers wat andersins sonder ‘n salaris huis toe gestuur sou word.
# Rugby: Die naweek se Verenigde Rugbykampioenskap-aksie het gisteraand afgeskop met ‘n taai Ierse derby wat Munster met 22-19 gewen het teen 14-spelers van Ulster. Ierland se voorryman Tom O’Toole het in die 31ste minuut ‘n rooikaart gekry vir ‘n gevaarlike induik in ‘n losskrum. Daar is vandag nog plaaslike derbies met Benetton wat Zebre 3nm pak, die Stormers meet kragte met die Leeus om 3:45, die Haaie kom te staan teen die Bulle om 6nm en die Ospreys en die Scarlets se wedstryd begin 7:15. Leinster en Connacht sluit vandag se aksie om 7:30 af.
# En, die eerste geakkrediteerde Hoër Sertifikaat in Cannabisproduksie en -bestuur is in Suid-Afrika bekendgestel. Hierdie baanbreker-program deur Cheeba Cannabis & Hemp Academy word geakkrediteer deur die Raad op Hoër Onderwys en sal studente toerus met vaardighede vir die groeiende daggabedryf. Uitvoerende hoof, Trenton Birch, wys in die besonder op die moontlikheid van entrepreneurskap, veral in gemeenskappe met minder geleenthede. BusinessTech berig die kwalifikasie met 120 krediete word in Johannesburg aangebied met planne vir uitbreiding na Mthatha om die skep van werk in landelike gebiede te ondersteun.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….