Nuus 09:00
BULLETIN 21 Desember 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Gwarube sê openbare deelname sal plaasvind voordat die Bela-wet ten volle in werking gestel word
# Blinken kondig ‘n 4,2-miljard-rand-hulppakket vir Soedan aan
# En, rugby: Die Bulle kies Hanekom op nommer 6 teen die Haaie
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube sê sy neem kennis van die aanvang van die Wet op Basiese Onderwyswette, soos aangekondig deur Cyril Ramaphosa. Gwarube beklemtoon in ‘n verklaring die belangrikheid van die ontwikkeling van nasionale regulasies, beleid en norme om die sektor te versterk en gelyke onderwys vir alle leerders te verseker. Sy verduidelik die proses sal openbare raadpleging insluit voordat die wet ten volle in werking gestel word:
In sy reaksie prys die GOOD-party president Cyril Ramaphosa vir die instelling. Die sekretaris-generaal Brett Herron sê die wet, wat skoolbeheerliggame verlig van alleenbeheer oor taal en toelatingsbeleid, wil billike onderwys vir alle kinders verseker. Herron sê die bepalings in die wet is reeds in gebruik in Tulbagh in die Wes-Kaap en wys die praktiese sy daarvan in die voorsiening wat gemaak word vir uiteenlopende taalbehoeftes. Hy sê die BELA-wet is ‘n belangrike stap in die transformasie van die onderwys.
# Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, het ‘n hulppakket ter waarde van 4,2-miljard-rand aan die konflikgeteisterde Soedan aangekondig. Dit sluit 3,6-miljard-rand in vir humanitêre hulpverlening en 550-miljoen-rand om Soedan se demokratiese oorgang te ondersteun. Blinken het ter afsluiting van sy vier-jaar ampstermyn gesê dit bring Amerika se algehele bystand tot meer as 42-miljard-rand sedert die konflik in 2023 begin het:
# Rugby: Die Bulle het Cameron Hanekom op nommer 6 gekies vir die langverwagte Verenigde Rugby Kampioenskapskragmeting teen die Haaie vanaand in Durban. Kaptein Elrigh Louw skuif na nommer 8 en Cobus Wiese vervang Marcell Coetzee op nommer 7. Coetzee skuif bank toe. Stedman Gans en Harold Vorster is die nuwe senters met Canan Moodie wat na linkervleuel skuif. David Kriel is nie in die wedstryd-23 ingesluit nie. Afskop is om 6 namiddag.
# En, ‘n vis met ‘n vormlose kop en ‘n semi-akwatiese muis is onder die 27 nuwe spesies wat in ‘n afgeleë streek van die Amasone-reënwoud in Peru ontdek is. Wetenskaplikes het ook ‘n nuwe spesie dwerg-eekhoring, salamander en kortstert-vrugtevlermuis teëgekom tydens hul ekspedisie na die afgeleë woud van Alto Mayo. Die beskermde gebied in die noorde van Peru huisves verskeie ekosisteme, inheemse gebiede en dorpies. Onder die ontdekkings was ’n nuwe spesie stekelmuis, agt nuwe visse, tien soorte skoenlappers en twee nuwe miskruiers.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….