Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 20 Desember 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Oos-Kaap benodig buitengewone maatreëls na die dood van 20 seuns tydens inlywing
# Duisend-500 voertuie beweeg elke uur deur die N3-tolroete
# En die Springbokke oorheers SA Rugby se benoemings vir die jaarlikse toekennings
# Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika in die Oos-Kaap sê die provinsie benodig buitengewone maatreëls nadat 20 seuns dood is gedurende die huidige somer-inlywingseisoen. Voorsitter Nkosi Mwelo Nonkonyana sê tradisionele besnydenis maak nie dood nie, maar skryf dit toe aan die mense wat vir die proses verantwoordelik is. Hy versoek dat tradisionele leierskap dringend toegerus moet word om daadwerklik en met die nodige gesag hierdie bloedbad beslissend te hanteer.
# Die N3-tolkonsessie sê een-duisend-500 voertuie per uur is aangeteken op die N3-tolroete in Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat en KZN. Die woordvoerder, Thania Dhoogra, sê besige verkeerstoestande sal na verwagting tot Kersfees voortduur en sal waarskynlik verdere druk op padgebruikers, wetstoepassers en nooddienste plaas:
Die Stad Kaapstad sê intussen met die verwagte groot verkeersdruk op paaie voor Kersfees vra hy langafstand-operateurs om van die gratis voertuigveiligheidstoetse gebruik te maak. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê beamptes het reeds 664 voertuie nagegaan, insluitend 555 busse en 55 minibusse, waarvan 94-persent geslaag het:
# Die Nigeriese polisie het agt mense aangekeer na ‘n stormloop by ‘n skoolkermis in die suidwestelike stad, Ibadan, waarin 35 kinders dood en ses ernstig beseer is. Onder diegene wat aangehou is, is die hoofborg van die geleentheid by die Basorun Islamic High School. Die stormloop het glo ontstaan nadat die organiseerders begin het om kos en geskenke uit te deel. Daar was die afgelope maande etlike dodelike stormlope in Nigerië.
# Nou sportnuus: Wêreldrugby se Mans Vyftiens Speler van die Jaar, die Springbok-flank Pieter-Steph du Toit, is saam met sy nasionale spanmaats Damian de Allende, Eben Etzebeth, Cheslin Kolbe en Os Nché die benoemdes vir SA Rugby se Mansspeler van die Jaar. Sacha Feinberg-Mngomezulu, Cameron Hanekom, Jordan Hendrikse, Quan Horn en Henco van Wyk is as Jong Speler van die Jaar benoem. Die hoofafrigter van die Bokke, Rassie Erasmus, sewes-afrigter Philip Snyman, en Jake White van die Bulle ding mee as Afrigter van die Jaar.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-39-sent teen die dollar, 19-rand-12-sent teen die euro en 23-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 93-duisend-89-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-604-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-88-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….