Nuus 08:00
BULLETIN 20 Desember 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA sê hy is bekommerd oor die wanbestuur van Eskom
# Cosatu ondersteun ‘n verhoging van 1,5 persent in die Nasionale Minimumloon
# En krieket: Pakistan wen die eendagreeks teen die Proteas
# Die DA sê ondanks die ontvangs van ‘n verstommende 76-miljard-rand van die regering, het Eskom ‘n voor-belasting verlies van 25-miljard-rand aangeteken, wat ontplof het tot 55-miljard-rand na belasting. Die party sê die ouditverslag, wat melding maak van materiële onsekerheid oor die kragnutsmaatskappy se vermoë om voort te gaan as ‘n groeiende onderneming, skep besondere kommer. Kevin Mileham van die DA sê die buitensporige elektrisiteitstariefverhogings wat miljoene kwesbare burgers in energie-armoede sal dompel is onnodig as Eskom eerder operasionele ondoeltreffendhede en kostebeheer aanspreek.
# Cosatu sê hy sal sy voorlegging afhandel, ter ondersteuning van die aanbevelings van die Nasionale Minimumloonkommissie van ‘n verhoging van 1,5-persent vir die nasionale minimumloon vir die 2025-boekjaar, en sy voorstelle aan die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth finaliseer. Woordvoerder Matthew Parks sê die federasie versoek die minister om die finale verhoging aan te kondig om te verseker dit tree op 1 Maart 2025 in werking:
# Die Grensbestuursowerheid werk saam met die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika om feestyd-uitdagings by internasionale lughawens aan te pak. Die owerheid se kommissaris, Michael Masiapato, het op ‘n nuuskonferensie gesê hulle verbeter die immigrasieproses met nuwe biometriese stelsels en bykomende personeel om meer reisigers te kan hanteer:
# Die Appèlhof in Georgia het die distriksaanklaer van Fulton, Fani Willis, gediskwalifiseer van die vervolging van die verkose president Donald Trump en sy medeverweerders in hulle verkiesingsafpersingsaak. Trump en nog 18 mense het verlede jaar onskuldig gepleit op alle aanklagte vir beweerde pogings om die uitslag van die 2020 presidensiële verkiesing in die staat Georgia om te keer. Die hof het bevind ‘n aansienlike voorkoms van onbehoorlikheid was genoeg om moontlik die saak in die oë van die publiek verdag te maak.
# Krieket: Pakistan het Suid-Afrika het 81 lopies geklop in die tweede eendagwedstryd op Nuweland in Kaapstad. Dit gee hulle ‘n twee-nul voorsprong in die reeks van drie wedstryde. Die nuweling Kwena Maphaka het vier paaltjies ingeoes, terwyl Mohammad Rizwan 80 aangeteken het toe die besoekers uitgeboul is vir 329. In antwoord was Heinrich Klaasen se 97 nie genoeg nie en is die Proteas uitgehaal vir 248. Die laaste eendagstryd is Sondag op die Wanderers. Kaptein Temba Bavuma sê hulle was nie op hulle beste nie:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-40-sent teen die dollar, 19-rand-6-sent teen die euro en 22-rand-98-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-258-dollars-3-sent. Die prys van goud is twee-duisend-599-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 72-dollar-43-sent.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….