Nuus 13:00
BULLETIN 15 Desember 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Verdagte is aangekeer vir die moord op twee polisiebeamptes en twee vroue in Hammarsdale, KwaZulu-Natal
# Die Black Business Federation vra ‘n fokus op inklusiewe groei tydens Suid-Afrika se G20-presidentskap
# En, gholf: Marcus Kinhult van Swede was steeds voor by die Alfred Dunhill-kampioenskap
# ‘n Verdagte is in hegtenis geneem na die moord op twee polisiebeamptes en twee bejaarde vroue in Hammarsdale, KwaZulu-Natal. Die provinsiale Polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, het tydens die ondersoek van die misdaadtoneel die tragiese aanval veroordeel. Die woordvoerder van die polisie Jay Naicker sê die 38-jarige verdagte is in ‘n hospitaal opgespoor, waar hy aangehou word:
# Die Black Business Federation vra inklusiewe groei en vryehandel tydens Suid-Afrika se G20-presidentskap. Die uitvoerende hoof, Ntsikelelo Dlulane, benadruk dit skep geleenthede om Afrika se belange voorop te stel, wat insluit die vermindering van kapitaalkoste vir ontwikkelende ekonomië. DIe federasie het die behoefte beklemtoon vir die groei van klein-, medium- en mikro-ondernemings, skuld-volhoubaarheidshervorming en ‘n inklusiewe ekonomie:
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap het aangekondig hy is gereed vir meer feestydverkeer, en moedig motoriste aan om veilig te bestuur. Sanral sê die sleutel nasionale roetes is oop, met padwerk wat stopgesit is en reaksiespanne wat op bystand is. Die woordvoerder Vusi Mona beklemtoon veiligheid, moedig gereelde reis-onderbrekings aan en versigtigheid snags. Daarby sal Sanral se Padvoorvalbestuursstelsel vinnig reageer terwyl veiligheidsbedrywighede by nagaanpunte gehou sal word om bewustheid te verhoog.
# Die de facto-leier van Sirië, Ahmad al-Sharaa, het gister gesê Israel gebruik vals voorwendsels om sy aanvalle op die land te regverdig. Hy het beklemtoon hy stel nie belang in nuwe konflikte nie, met Sirië wat toegespits is op heropbou na die einde van Bashar al-Assad se heerskappy. Sharaa – beter bekend as Abu Mohammed al-Golani – lei die Hayat Tahrir al-Sham-groep wat verlede week Assad sy mag ontneem het en die familie se vyf dekades van ystervuisregering beëindig het. Israel beskryf die inval in Siriese gebied as ‘n beperkte en tydelike maatreël ter wille van grenssekerheid.
# En, gholf: Marcus Kinhult van Swede het sy voorsprong behou aan die einde van ‘n moeilike derde ronde van die Alfred Dunhill-kampioenskap. Hy jaag ‘n tweede DP World-toertitel na op Leopard Creek in Mpumalanga. Koeler weer het Kinhult gehelp om ‘n stewige 69 aan te teken om met 14 onder baansyfer voor te loop. Aan die begin van die finale ronde was hy twee houe voor Ryan van Velzen van Suid-Afrika, wat ‘n 65 geslaan het om op die skuif na 12 onder baansyfer. Darius van Driel van Nederland het sy sê behou op 11 onder baansyfer met ‘n 67.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….