Nuus 09:00
BULLETIN 15 Desember 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die SAKP beloof om ‘n vooruitstrewende Suid-Afrika te bou
# UNISA onthul ambisieuse planne om sy kapasiteit uit te brei
# En, krieket: Die Proteas wen T20-reeks teen Pakistan met 2-0 na derde wedstryd op Wanderes uitreën
# Die hoofsekretaris van die SAKP, Solly Mapaila, het op die party se konferensie in Boksburg hulle vasberadenheid herbevestig om ‘n vooruitstrewende Suid-Afrika te bou. Hy beklemtoon die bevordering van die nasionale demokratiese rewolusie om klas-ongelykheid, patriargie, armoede en rassisme te beveg in ooreenstemming met die SAKP se beginsels. Hy het ook hulle deelname herbevestig aan die 2026 plaaslike verkiesing, asook die party se teenstand teen die insluiting van die DA in die regering van nasionale eenheid:
Intussen het die adjunk-hoofsekretaris van die SAKP, Madala Masuku, die regering se besluit verwelkom om ‘n geregtelike ondersoek in te stel na die sluipmoord op Chris Hani in 1993. Masuku het die belangrikheid beklemtoon dat die waarheid blootgelê moet word. Hani se moordenaar, Janusz Walus, het na parool onlangs na Pole teruggekeer nadat hy 28 jaar in die tronk deurgebring het. Masuku lê klem op die belangrikheid van geregtigheid en afsluiting:
# Die vise-kansellier van die Universiteit van Suid-Afrika, Puleng LenkaBula, het groot planne vir groei aangekondig. By die sluiting van die akademiese jaar het LenkaBula UNISA se posisie as een van wêreld se die topvier mega-universiteite uitgelig en sy rol om tersiêre onderwysuitdagings in Suid-Afrika en reg oor die vasteland aan te spreek. Sy sê die universiteit is in staat om dienslewering te verbeter:
# Die Stad Kaapstad beplan om ontsouting in te stel as deel van sy nuwe waterprogram, wat die drinkwatervoorraad sal versterk. Die stad is tans besig met ‘n lewensvatbaarheidstudie vir die eerste permanente ontsoutingsaanleg op Paardeneiland. Dit sal tussen 50- en 70-miljoen liter water per dag lewer. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die stad beoog om sy daaglikse watervoorraad met 300-miljoen liter te verhoog teen 2030 en 43-miljard-rand te belê oor die volgende drie jaar.
# En, krieket: Gisteraand se derde en finale T20 tussen Suid-Afrika en Pakistan moes laat vaar word weens voortdurende reën en donderweer oor die Wanderers. Kaartjies vir die wedstryd was uitverkoop, maar die ondersteuners moes teleurgesteld huis toe gaan toe die Johannesburgse donderstorm dinge deurmekaargekrap het. Die Proteas het die reeks 2-0 ingepalm na oorwinnings in Durban en Centurion verlede week. Die reeks van drie eendagwedstryde tussen die twee spanne begin Dinsdag in die Paarl.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….