Nuus 09:00
BULLETIN 14 Desember 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Malema beskuldig Zuma dat hy swart eenheid misbruik met EFF-lede wat oorloop na MK-party
# Eskom wag op goedkeuring van Departement van Arbeid vir verdere ondersoeke na Matla-kragstasie ontploffing
# En, tennis: 2022 se dubbels-kampioene Kokkinakis en Kyrgios speel weer saam in Australiese Ope
# EFF-leier Julius Malema kritiseer oudpresident Jacob Zuma en beskuldig hom dat hy swart eenheid misbruik. Dit volg na die oorlopery van top EFF-lede, insluitend Floyd Shivambu en Dali Mpofu, na Zuma se MK-party. Malema het by die party se derde nasionale volksvergadering in Johannesburg Zuma se verbintenis tot swart bewussyn bevraagteken, veral tydens sy presidentskap, en die stryd van die jeug wat aanspraak maak op gratis onderwys, gebruik as voorbeeld van sy versuim om swart eenheid te bevorder:
# Die groep-uitvoerende hoof van Eskom, Dan Marokane. sê die kragsnutsmaatskappy wag op die goedkeuring van die Departement van Arbeid om toegang te kry tot die gebied van die ontploffing by die Matlakragstasie in Mpumalanga vir verdere ondersoeke. Nege werknemers is in die hospitaal opgeneem, een is kritiek beseer en twee is ontslaan. Nege werknemers is gehospitaliseer. Eenheid 6 van die kragstasie is beskadig, en eenheid een is vir veiligheid uit bedryf gestel. Marokane het die media toegespreek en gesê ‘n verlies aan energie kon die ontploffing veroorsaak het, maar dit is onbeslis:
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding Nobuhle Nkabane moedig voornemende studente aan om aansoek te doen vir befondsing vir volgende jaar van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente voor die spertyd Sondag. Nkabane sê sedert aansoeke in September geopen het, het meer as 738-duisend studente aansoek gedoen om befondsing. Sy sê onder dié is 543-duisend-357 aansoeke voorwaardelik goedgekeur, terwyl 150-duisend-655 nog beoordeel word:
# Die Kaapstadse polisie het ‘n soektog van stapel gestuur na ‘n verhoorafwagtende gevangene, Shepart Chfutuku, wat deur die dak van ‘n tronk-vervoerwa ontsnap het onderweg na die Pollsmoor-gevangenis. Volgens News24 het die ontsnapping naby ‘n spoorwegkruising in Muizenberg plaasgevind en omstanders het beamptes ingelig. Chfutuku, wat aangehou word op aanklag van roof, is volgens berigte gekoppel aan ‘n gewapende roofsindikaat en word as gevaarlik beskou. ‘n Polisiewoordvoerder, Malcolm Pojie, vra enigiemand met inligting om die polisie te kontak.
# En, tennis: Die mans-dubbelskampioene van 2022, Thanasi Kokkinakis en Nick Kyrgios, gaan weer saamspeel by volgende maand se Australiese Ope. Die Australiërs het hulle landgenote Max Purcell en Matthew Ebden twee jaar gelede in die eindstryd in Melbourne geklop, maar Kyrgios kon sedertdien nie veel speel nie weens talle beserings. Die eerste Grand Slam-toernooi van die jaar begin op 12 Januarie, wanneer die wêreld se voorste mans- en vroue-enkelspelers, Jannik Sinner van Italië en Aryna Sabalenka van Belarus, hulle titels gaan begin verdedig.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….