Nuus 07:00
BULLETIN 15 Desember 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mashatile sê vorming van RNE was nie ANC se ideale keuse nie
# Eskom wag op deeglike ondersoek na transformator-ontploffing by Matla-kragstasie
# En, krieket: Reeza Hendricks red die Proteas in opwindende T20
# Die ANC-adjunkpresident, Paul Mashatile sê die vorming van die regering van nasionale eenheid was nie die ANC se eerste keuse nie. Dit volg nadat die SAKP besluit het om onafhanklik deel te neem aan die plaaslike verkiesing in 2026, as teenstanders van die alliansie tussen die ANC en die DA. Mashatile het op die SAKP se spesiale nasionale kongres in Boksburg verduidelik die ANC het ‘n koalisieregering gekies om die doelwitte van ‘n nasionale demokratiese samelewing te bevorder, soos beskryf in die Vryheidsmanifes:
# Eskom wag op ‘n deeglike ondersoek na die ontploffing van ‘n transformator by die Matla-substasie in Mpumalanga. Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het Vrydag die nege werknemers besoek wat tydens die voorval beseer is. Die nutsmaatskappy het bekendgemaak hulle wag nog vir toestemming van die Departement van Arbeid om die presiese omvang van die skade te bepaal en wat gedoen moet word. Amptenare het bevestig kundiges is ingeroep om die ondersoek te bespoedig.
# Die Stad Kaapstad het in vennootskap met die Suid-Afrikaanse Polisiediens sy grootste ontplooiing vir veiligheid oor die feestyd begin. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die ontplooiing is by brandpunte vir toeriste, strande en sakegebiede. Hy sê die gesamentlike optrede is bestem vir gebiede met hoё misdaad en ekonomiese sones met die gebruik van geslotebaantelevisie en liggaamskameras:
# Die verkose Amerikaanse president, Donald Trump, het persoonlik inhuldigingsuitnodigings gerig aan buitelandse leiers wat onlangs van die land verskil het – insluitend die Chinese president, Xi Jinping. Sy woordvoerder, Karoline Leavitt, het aan Fox News gesê dis ‘n voorbeeld van hoe hy ope dialoog skep met leiers van lande wat nie noodwendig bondgenote is nie, maar ook teenstanders en mededingers. Die inhuldiging vind op 20 Januarie plaas. Drie van sy noue bondgenote, president Nayib Bukele van El Salvador, die Italiaanse eerste minister, Giorgia Meloni, en die Argentynse president, Javier Milei, is ook genooi.
# En , krieket: Die Proteas se aanvangskolwer Reeza Hendricks het gisteraand op Centurion ‘n ongelooflike beurt gespeel, en die Proteas gelei tot ‘n gedenkwaardige sewe-paaltjie oorwinning oor Pakistan in hulle tweede T20. Die Suid-Afrikaanse aanvangskolwer was vuurwarm, het 10 sesse gemoker en 117 lopies opgestapel van 63 balle af. Hy is goed ondersteun deur Rassie van der Dussen, wat 63 aangeteken het van 38 balle af. Die besoekers het gekies om eerste te kolf en het 210 vir vyf aangeteken. Die Proteas het die reeks met 2-0 in sy guns beklink met die laaste wedstryd wat vanaand op die Wanderers gespeel word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….