Nuus 11:00
BULLETIN 13 Desember 11vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Nasionale Vervolgingsgesag wil ongehinderde toegang verkry tot staatskapingsgetuienis
# Minister Hlabisa sê sommige munisipale rade moet nog verordeninge vir spazawinkels instel
# En ‘n tiener van Indië is die jongste skaak-wêreldkampioen ooit
# Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, advokaat Shamila Batoyi, sê haar kantoor het nie toegang tot noodsaaklike getuienis wat kan help om staatskapingsake te bespoedig nie. Die Departement van Justisie word beskuldig dat hy toegang verhinder tot die getuienis wat die staatkapingskommissie ingesamel het. Batohi het aan die SABC gesê hulle ondersoek regsroetes om vrye toegang tot dié getuienis te kry om sake te vervolg wat die kommissie verwys het:
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê verskeie munisipale rade moet nog hul spazawinkel-verordeninge finaliseer. Hy het aan Newzroom Afrika gesê hierdie verordeninge is deurslaggewend vir ekonomiese insluiting en werkskepping. Die sperdatum vir spazawinkelregistrasies is intussen tot Dinsdag verleng. Hlabisa het die rol van die regulering van ondernemings beklemtoon, insluitend die versekering van voldoening en die ondersteuning van plaaslike handelaars:
# President Cyril Ramaphosa ontvang vandag die Duitse president, Frank-Walter Steinmeier, in Pretoria. Duitsland is Suid-Afrika se derde grootste uitvoermark, die derde grootste bron van oorsese toeriste, en ‘n belangrike beleggings- en ontwikkelingsvennoot. Die Presidensie sê die leiers sal geleentheid kry om ʼn verskeidenheid kwessies van gemeenskaplike belang te bespreek en sodoende die strategiese verhouding en nouer samewerking tussen die twee lande bevorder. Hy voeg by Steinmeier sal ook geleentheid kry vir ʼn kranslegging by Vryheidspark.
# Tennis: Volgende jaar se Amerikaanse Ope sal die laaste wees vir toernooi-direkteur Stacey Allaster, wat daarna ‘n strategiese raadplegingsposisie by die Amerikaanse Tennisvereniging sal inneem. Sy het agt jaar gelede aangesluit as uitvoerende hoof van beroepstennis en in 2018 die eerste vroulike toernooi-direkteur geword. Die gewese kampioen Billie Jean King het Allaster geloof vir haar bevordering van gelykheid en dat sy onverpoosd gewerk het om standaarde te verhoog. Allaster sal deel wees van ‘n paneel wat haar opvolger sal aanwys na volgende jaar se Amerikaanse Ope.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-81-sent teen die dollar, 18-rand-62-sent teen die euro en 22-rand-50-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 99-duisend-722-dollar-80-sent. Die prys van goud is twee-duisend-678-dollar-23-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 73-dollar-18-sent per vat.
# En om mee af te sluit: Die 18-jarige Gukesh Dommaraju het geskiedenis gemaak toe hy die jongste klassieke skaak-wêreldkampioen ooit geword het. Die Indiese tiener het Ding Liren van China in die eindronde in Singapoer geklop. Hy neem die titel van jongste skaakkampioen oor by die Rus Gary Kasparov, wat 22 was toe hy byna vier dekades gelede die jongste kampioen geword het. Gukesh sê sy oorwinning is die beste oomblik van sy lewe:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….