Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 11 Desember 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Jaarlikse inflasie styg tot 2,9% in November
# Die EFF vereis naskoolse kwalifikasie vir leierskap
# En, gholf: Beroemde spelers en hulle kinders of ouers neem volgende week deel aan die PNC-kampioenskap
# Jaarlikse inflasie het verlede maand tot 2,9-persent gestyg, effens hoër as die 2,8-persent in Oktober. Voedselinflasie het daarenteen tot die laagste vlak in 14 jaar afgeneem en pryse vir items soos groente, brood en suiwel het gedaal. Brandstofpryse het met 0,9-persent gestyg, terwyl daar ‘n styging van 5,9-persent in restaurante en hotelle se uitgawes was. Die woordvoerder van Statistieke Suid-Afrika, Patrick Kelly, sê die armste huishoudings beleef steeds die hoogste inflasie teen 3,8-persent, terwyl die rykstes ‘n koers van drie-persent ondervind het:
# Die EFF vereis nou naskoolse kwalifikasies vir lede wat wil deel wees van sy sentrale bevelspan, wat die party se hoogste besluitnemingsliggaam is. Die wysiging aan die beleid word van môre op die derde nasionale volksvergadering bespreek. Afgesien van akademiese kwalifikasies moet lede van die span leierskapsvaardighede toon, politieke opleiding verskaf en geld eties insamel. Volgens die EFF verseker dit strategiese en bekwame leiers sal die party en Suid-Afrika lei. Afgevaardigdes verkies ook nuwe leiers en hersien sleutelbeleid.
# Die direkteur-generaal van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Zane Dangor, sê Suid-Afrika se G20-sjerpa stem saam verskillende bevoegdhede word benodig om ‘n oplossing te vind vir die verskillende uitdagings in Afrika. Dangor sê hulle het ‘n manier gevind om drie taakspanne in bedryf te stel wat inklusiewe ekonomiese groei, nywerheids-indiensneming en ongelykheid sal hanteer:
# Gholf: Die voormalige wêreld nommer-een, Tiger Woods, en ander beroemde spelers neem volgende week in Orlando, Florida, deel aan die jaarlikse gesinspan-vertoontoernooi, die PNC-kampioenskap. Die Amerikaner en sy seun, Charlie, speel saam met mense soos die Duitse legende Bernhard Langer en sy seun, Jason, Vijay Singh van Fidji en sy seun, Qass, die Amerikaner Nellie Korda en haar pa, Petr, en die Sweedse speler Annika Sorenstam en haar seun, Will McGee. Die toernooi vind oor 36 putjies plaas.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-84-sent teen die dollar, 18-rand-73-sent teen die euro en 22-rand-70-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 98-duisend-420-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-694-dollar-47-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-56-sent per vat.
# En ten slotte: Pamela Anderson se bekende rooi swembroek in Baywatch gaan volgende jaar in Londen uitgestal word. Die 57-jarige Kanadees was die menseredder CJ Parker in die gewilde TV-reeks van die 1990’s. Die eenstuk is waarskynlik die wêreld se bekendste swembroek, met nagemaakte weergawes met die Baywatch-logo algemeen aanlyn beskikbaar. Dit sal te sien wees op Design Museum se uitstalling, Splash! A Century of Swimming and Style, wat in Maart open. Anderson is dié week die heel eerste keer vir ‘n Golden Globe benoem vir haar rol in The Last Showgirl.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….