Nuus 09:00
BULLETIN 11 Desember 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF beskuldig president Ramaphosa dat hy besluiteloos is oor die Israelse eersteminister
# ‘n FNB-ekonoom verwag matige groei in die mynbousektor
# En Zambië se oudpresident Edgar Lungu word verbied om weer te staan
# Die EFF sê president Cyril Ramaphosa se antwoord op ‘n parlementêre vraag oor die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu was lafhartig en besluiteloos. Die partyleier Julius Malema wou by die president weet of Netanyahu gearresteer en aan die Internasionale Strafhof oorhandig sou word indien hy na Suid-Afrika kom. Die EFF sê Ramaphosa se reaksie was swak en hy skuil agter vae verpligtinge as ondertekenaar van die Statuut van Rome. Hy sê die volksmoord onder Palestyne vereis duidelike optrede.
# Die FNB-ekonoom Thanda Sithole sê groei in die mynbedryf sal na verwagting voorlopig middelmatig bly weens kleiner aanvraag van buite. Mynproduksie het in Oktober op ʼn jaarbasis met 1,4-persent gegroei ná ʼn opwaartse aanpassing van 4,9-persent in September. Dit is die derde agtereenvolgende maand van groei in mynbedrywighede. Sithole sê die middelmatige toename in mynproduksie kom uit ‘n breë veld met groei wat in sewe van 12 sektore aangemeld is:
# Die DA in die Vrystaat het die Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit gekritiseer oor hoe hy sy direkteur van tegniese dienste, Lungile Mokoteli se kwessies benader. Mokoteli word aangekla van ernstige wangedrag maar is vir 25-maande ten volle betaal terwyl sy geskors was, voor sy bedank het sonder om die vereiste kennistydperk uit te dien. Die DA-lid, Marieta Visser, sê om Mokoteli toe te laat om te bedank sonder behoorlike kennisgewing, weerspieël ‘n gebrek aan aanspreeklikheid en deursigtigheid, en noem dit ‘n teken van swak bestuur in die ANC-geleide raad:
# Die Zambiese Konstitusionele Hof het oudpresident Edgar Lungu verbied om in 2026 vir herverkiesing te staan. Die hof het beslis die wet laat twee termyne toe en die 68-jarige het dit reeds gedien. Lungu is in Januarie 2015 verkies om die oorblywende 20 maande van sy voorganger, Guy Scott, te dien. Hy het betoog hy het nie ‘n volle termyn van vyf jaar gedien nie, maar die hof het vorige beslissings omgekeer wat hom drie jaar gelede toegelaat het om te staan toe hy teen Hakainde Hichilema verloor het.
# Sokker: Liverpool het so te sê deurgedring na die laaste 16 van die Kampioeneliga na ‘n een-nul oorwinning oor Girona. Mohamed Salah se strafdoel was genoeg vir die sege, en was sy 46ste Kampioeneligadoel. Liverpool, wat al ses hulle wedstryde gewen het kan in Januarie ‘n laaste-16 wedstryd teen Lille vasknoop. Kylian Mbappe het sy 50-ste Kampioeneligadoel aangeteken toe die verdedigende kampioene Real Madrid, Atalanta het drie-twee geklop het, wat julle kanse verbeter om deur te dring na die uitkloprondes. Daar was ook oorwinnings vir Aston Villa, PSG en Bayern Munich.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-78-sent teen die dollar, 18-rand-72-sent teen die euro en 22-rand-71-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-435–dollars-5-sent. Die prys van goud is twee-duisend-694-dollar-76-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 72-dollar-59-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….